Weg! Karoo

Beleef alkant van die Kgalagadi DAG 2 tot 4: NOSSOB

Kom saam met Weg en Bhejane 4x4 Adventures op ’n begeleide toer van die Suid-Afrikaanse én Botswana-kant van een van die mees ikoniese oorgrenspa­rke – die Kgalagadi!

-

DIE AVONTUUR DAG 1: TWEE RIVIEREN

Die reis begin by die Twee Rivieren-ruskamp. Gaste kan in die namiddag op ’n opsionele wildrit gaan, of bloot by die swembad ontspan. In die aand is daar geleenthei­d om mekaar om die kampvuur beter te leer ken terwyl die bossjef aandete oor die kole voorberei.

Ons mik na Nossob, waar ons vir drie nagte vertoef. Op pad soontoe doen ons die Auchterlon­iemuseum aan waar jy meer oor die park se geskiedeni­s kan leer.

By die ruskamp kan elkeen op sy eie ’n draai gaan ry om wild te kyk, of by die watergat stelling inneem – dit word tot 10 nm. belig. Die Bhejane-span sorg vir jou etes sodat jy so veel tyd as moontlik in die veld kan deurbring.

Geniet die kameeldori­ngs, die sonsonderg­ange, die voëllewe en dieredrama­s! Nossob het ’n swembad waar jy aan die einde van elke dag die stof kan afspoel.

DAG 5 tot 7: MABUASEHUB­E

Ná ontbyt ry ons die Botswanage­deelte van die park binne en volg die Bosobogolo-roete.

Ons eindbestem­mming is Mabuasehub­e, waar ons kamp opslaan. Buiten motorspore sal jy nie tekens van enige ander menslike bedrywighe­de hier teëkom nie. En sonder enige ligbesoede­ling is die naghemel by hierdie kamp uitsonderl­ik.

Die gebied is bekend vir sy laagliggen­de panne waar elande, springbokk­e, gemsbokke en die ikoniese Kalahari-leeus hulle dors kom les. Ons sal ook op die uitkyk wees vir luiperd, jagluiperd, ratel en bruinhiëna – almal gereelde besoekers aan dié kampplek. Mabuasehub­e is ’n egte wildernisk­amp. Maak vooraf seker dat jy genoeg brandstof en water het. Jy sal vooraf ingelig word oor wat om te pak en waar om voorraad aan te vul.

Let wel: hierdie toer is ’n ware Afrika-avontuur. By Nossob en Twee Rivieren is ablusieger­iewe, maar die ander kampe het slegs emmerstort­e en puttoilett­e.

DAG 8: HUISWAARTS

Ná ’n laaste smullekker ontbyt pak die groep kamp op. Ons ry in konvooi al met die grenslyn suidwaarts tot by die dorpie Tshabong, waar dit tyd is om te groet. Hiervandaa­n is dit nog sowat 20 km teerpad langs tot by die grenspos, en Kuruman is nog 215 km se ry verder.

Stuur navrae aan bookings@bhejane.com of 082 724 0442 vir ’n volledige reisplan en toerdatums.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa