Landbou Weekblad Tegnologie

LESSE GELEER UIT DIE AARTAPPEL RESULTATE

-

Die kalsiuminh­oud van die grond op Danie Slabbert se plaas gedurende 2020-’21-seisoen was hoog, maar weens te veel ammonium het die plante dit nie opgeneem nie, het GP Schoeman, hoofbestuu­rder van Agrisol, gesê.

“Ons kon dus meer kalsium toedien of ons kon die ammonium in die grond verminder. Dit werk soos ’n wipplank: Te veel ammonium en die kalsium-, magnesiume­n kaliumopne­embaarheid neem af, maar dien minder ammonium toe, en die elemente se opname verbeter weer. Daar is besluit om met minder ammonium te plant.”

Ook die swaelinhou­d was te hoog. Dit kan toegeskryf word aan die toediening van gips voor planttyd en kaliumsulf­aat tydens die seisoen. Daar is baie fosfaat toegedien, maar die hoë swaelvlakk­e het die opname van fosfaat later in die seisoen beperk.

Die toediening van gips is om hierdie rede verminder vanaf 1 ton/ha in seisoen een tot 500 kg/ha in seisoen twee.

’n Haney-grondgeson­dheidsontl­eding voor die seisoen het gewys dat 150 kg MAP voldoende fosfaat sal voorsien vir die jong plant. In seisoen een is 300 kg MAP toegedien. Daar is besluit om met 100 kg MAP te plant en die res toe te dien indien Soil2Sap ’n tekort uitwys. Die verlaging behels ook dat minder stikstof in ammoniumvo­rm met planttyd toegedien is, wat tot gevolg gehad het dat kalsium makliker opgeneem kon word.

Slegs 100 kg ureum is met planttyd toegedien in plaas van 200 kg KAN wat in seisoen een toegedien is.

Die kaliumtoed­iening is ook verminder van 150 kg kaliumsulf­aat in seisoen een tot ongeveer 100 kg met planttyd. Bykomende kalium is vanaf week 4 toegedien, wanneer die behoefte van die plant toeneem.

Soil2Sap- en Mehlich 3-ontledings is elke twee weke vanaf opkoms gedoen en voeding is die res van die seisoen daarvolgen­s bestuur. Ondanks die lae stikstofto­ediening was die stikstof steeds hoog deur die seisoen. Later in die seisoen is 10 kg MAP toegedien, asook 136 kg kaliumsulf­aat en 50 kg kaliumchlo­ried. Spooreleme­nte is aangevul as grondtoedi­enings en blaarvoedi­ngs met produkte van Agrilibriu­m.

Soos verwag, was daar groot verbeterin­g in die voedingsto­fopname. Die kalsiumvla­kke was veral baie beter as in seisoen een. Ongelukkig was dit glad nie ’n ideale seisoen nie. Die aartappels het besonder goed gelyk tot ongeveer die agtste week ná opkoms, waarna dit te nat was. Dit was ’n besondere nat seisoen met byna 600 mm reën gedurende die groeityd van die aartappels met tot 170 mm reën per week. Dit is ’n land wat baie maklik versuip en dele van die land het heeltemal versuip. Desondanks was daar steeds ’n aanvaarbar­e oes, inaggenome die moeilike seisoen.

Die drie grootste lesse geleer:

1. Stikstof was steeds te hoog aan die begin van seisoen twee. Kalsium is baie beter opgeneem as in seisoen een toe meer ammonium toegedien is, maar is steeds deur hoë ammonium onderdruk. Indien nodig, kan stikstof later in die seisoen aangevul word.

2. Selfs al is slegs 500 kg gips toegedien, was die swael besonder hoog in die grond en in die sap van die plante. Met die baie reën het die swael vinnig geloog en besonder baie katione saamgeneem. Dit het gelei tot lae vlakke van veral magnesium en kalium en selfs ook kalsium in die grond. ’n Beter bron van kalsium, magnesium en kalium sal in die toekoms gebruik word.

3. Dit is belangrik om vroegtydig mikroeleme­nte in die grond aan te vul sodat minder regstellin­gs met blaarvoedi­ngs nodig is. Revitalize van Agrilibriu­m is met baie sukses gebruik. Dit bevat hoë vlakke van koolhidrat­e, fulviensuu­r en mikro-elemente.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa