Landbou Weekblad Tegnologie

Neem beheer oor jou water

’n Boer kan nie water bestuur wat hy nie kan sien nie. JoJo Tanks se nuwe monitering­stoestel is die oplossing daarvoor.

- NAVRAE: Web: https://www.jojo.co.za/ jojo-monitor-devices/

JoJo se watertenks en -bakke is ’n bekende gesig op plase. Om die water in die tenks te bestuur, verg egter van boere om iemand uit te stuur en selfs in baie gevalle aan die tenk te klop om die watervlak te probeer bepaal. Daarom het JoJo Tanks gedoen wat hy die beste doen, en dit is om vir die klant ’n praktiese en bekostigba­re oplossing te bied.

Dié tenkvervaa­rdiger het onlangs sy JoJo Monitor Tank Level bekend gestel – ’n produk wat uitsluitli­k plaaslik ontwikkel en vervaardig is. Met hierdie toestel wat met ’n toepassing op ’n slimfoon kommunikee­r, kan ’n boer nou die watervlak van die tenks oor ’n afstand kontroleer.

“Ons het besef daar is nie ’n produk op die mark wat jou tenk met ’n toepassing op jou foon verbind nie. Dit is tog die toekoms,” sê Sebasti Badenhorst, bemarkings­bestuurder by JoJo Tanks.

DEEGLIK GETOETS

JoJo het met Nerospec, wat ervaring het in afstandmon­itering in die mynbedryf, saamgespan.

“Dit het ons vier jaar gekos om die JoJo Monitor Tank Level te ontwikkel, waarvan twee jaar die toets daarvan was. Ons het dus werklik ’n produk waarin ons baie vertroue het,” sê Sebasti.

Daar is verskillen­de verstellin­gs op die toepassing wat dit vir die klant moontlik maak om ook te kan sien hoeveel water hy in die afgelope maand opgegaar en gebruik het, asook hoeveel water in en uit die tenk gevloei het.

Een van die hoofredes vir die ontwikkeli­ng van die produk is JoJo se behoefte om sy landboukla­nte by te staan in hul strewe om insetkoste te verlaag.

“Om die watertenks op hul plase te monitor, kos arbeid en brandstof, en almal weet dit het baie duur geraak,” sê Sebasti, wat self met Tuli-beeste op die plaas Rykwater by Senekal boer.

“Op ons plaas het ons boorgate wat aan sonpompe verbind is. Die water word in JoJo-tenks gepomp, maar dinge kan verkeerd loop. Die boorgat kan leeg loop of die son skyn dalk ’n week lank nie. Ons wil dus die water in ons tenks kan monitor.

“Die ander probleem wat soms opduik, is dat die rivier wat deur ons grond loop, afkom. Dan kan ons ’n deel van die plaas nie bereik nie. Die JoJo Monitor

Tank Level kan in so ’n geval help om te sien of die tenks water in het.”

Om die koste vir die gebruiker laag te hou, is die produk nie data- en batteryint­ensief nie. Die toepassing verbind met die toestel in die tenk via die Sigfox-LPWAN (laekrag-wye-areanetwer­k).

“Dit is die goedkoopst­e manier om ’n sein deur die digitale wolk uit te saai,” sê Adele Naidoo, besigheids­ontwikkeli­ngsbestuur­der by JoJo.

Die JoJo Monitor Tank Level werk eenvoudig. Dit bestaan uit ’n toestel in die tenk wat inligting stuur na ’n NeuroNode-boks (’n sensor) wat naby die tenk vasgemaak word. Dié boks stuur dan die inligting na die netwerk, Sigfox, wat dit na die digitale wolk stuur. Van daar gaan dit na die foontoepas­sing.

“Alles is baie maklik om op te stel en te beheer,” sê Adele. “Met die foontoepas­sing kan die klant ook direk met ons inbelsentr­um in aanraking kom as daar probleme is.”

Die klant moet wel seker maak dat hy dekking deur Sigfox se satelliet het deur met sy adres op die Sigfox-webwerf (www.sigfox.com) te soek. Die toepassing is beskikbaar vir Android-, Appleen Huawei-fone.

Die toestel, toepassing en ’n jaar se intekening op Sigfox kos R4 999. Dit is beskikbaar in JoJo se aanlyn winkel (www. jojo.co.za/shop). t

 ?? ?? ’n Voorstelli­ng van hoe die JoJo Monitor Tank Level werk om die watervlak in ’n JoJo-tenk te meet en na ’n toepassing op jou foon te stuur.
’n Voorstelli­ng van hoe die JoJo Monitor Tank Level werk om die watervlak in ’n JoJo-tenk te meet en na ’n toepassing op jou foon te stuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa