Landbou Weekblad Tegnologie

‘OOG OP ALLES — WAAR JY OOK AL IS’

-

“Ons jongste tegnologie is FieldView wat aan Precision Planting se stelsels gekoppel is. Dit stel ons in staat om intyds, via ’n iPad, na ál die funksies en sensors op ons planters te kyk. Dit versamel ook belangrike data van werktuie en masjinerie wat ons dan kan gebruik om voorskrifk­aarte vir ons saailande te ontwikkel en om veranderli­ke toediening­s vir bedrywighe­de soos plant, die strooi van kalk en bemesting te programmee­r.

“Dit sluit alles aan by ons Case IH Advanced Farming Systems-programme sodat alle gekarteerd­e data, soos vanaf roostermon­sters, opbrengska­arte en kunsmiskaa­rte, versamel en gesentrali­seer kan word vir ontleding. Dit stel ons in staat om probleme te identifise­er en dan gepaste reaksies te verfyn om die verlangde regstellin­gs en verbeterin­gs te bereik. Dié reaksies sluit in proaktiewe langtermyn­beplanning, soos die identifika­sie van en aanpassing by verwagte veranderin­ge in die klimaat, grond, kultivars en grondprodu­ktiwiteit in selfs spesifieke dele binne ’n landery.

“Dié stelsels en hul data help ook om produksiek­ostedoeltr­effendheid en opbrengste te maksimalis­eer deur die presisie te bereik om die oorvleueld­e toediening van saad, kunsmis en chemiese middels te voorkom, asook by enige ander meganiese vereistes.

“Ons kan ook historiese en huidige data vergelyk om te sien waar ons verbeter het en waar ons nog moet verbeter. Dit geld ook waar ons geld maak en waar ons dalk die opbrengs op belegging moet verbeter.

“Selfs al is ons nie op die plaas nie, kan ons steeds ons iPads gebruik om data van byna ál ons werktuie en masjinerie van ’n afstand te monitor en waar te neem. Ons weet ook wat gebeur met die plase se weer, grondvog en besproeiin­g op ’n gegewe oomblik.

“Ons kan dadelik ’n masjienope­rateur of ’n ander werker bel om ’n probleem reg te stel wat ons van ’n afstand op die iPad opgemerk het.”

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Verskeie presisie-akkerboute­gnologieë wat die Zunckels gebruik, kan integreer met en data lewer vir die Case IH Advanced Farming Systems-program op sy trekkers en werktuie.
FOTO’S: VERSKAF Verskeie presisie-akkerboute­gnologieë wat die Zunckels gebruik, kan integreer met en data lewer vir die Case IH Advanced Farming Systems-program op sy trekkers en werktuie.
 ?? ??
 ?? ?? Eienaar: Egon Zunckel, Zunckel Farms
Vertakking­s: Kommersiël­e mielieen sojaproduk­sie
Ligging: Bergville, KwaZulu-Natal, en Warden, Vrystaat
Eienaar: Egon Zunckel, Zunckel Farms Vertakking­s: Kommersiël­e mielieen sojaproduk­sie Ligging: Bergville, KwaZulu-Natal, en Warden, Vrystaat

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa