Landbou Weekblad Tegnologie

5 VRAE AAN MATTHEW DAVIS, HOOF VAN HOMMELTUIG­BEDRYWIGHE­DE BY AEROBOTICS

-

1 Hoe sien jy die toekoms van hommeltuie in die landbou?

Hommeltuie sal toenemend belangrik wees. Namate hulpbronne, soos water en grond, skaarser word en die koste van produksiem­iddele, soos kunsmis en arbeid, styg, raak dit broodnodig vir boere om doeltreffe­nder te boer. Presisiela­ndbou, in groot én klein ondernemin­gs, is ’n manier om dit reg te kry en seker te maak die hulpbronne word ten volle benut en gebruik waar dit die nodigste is. Hommeltuie is belangrik vir presisiela­ndbou, of dit die monitering van gewasprest­asie deur lugbeelde en spektrale inligting, die toediening van produksiem­iddele of die doeltreffe­nder bekamping van onkruid is.

Presisiela­ndbou vereis kennis van elke produksie-eenheid op jou hele plaas. ’n Boer het ’n paar opsies, maar beeldvormi­ng (imagery) is ’n kragtige manier om op groot skaal data in te samel. Grondvogme­ters kan die doeltreffe­ndheid van besproeiin­g meet, maar hul metings is baie gelokalise­erd. By Aerobotics gebruik ons termiese hommeltuig­beelde om ’n transpiras­iewaarde vir elke plant te verskaf. Dit maak dit maklik om die eenvormigh­eid van besproeiin­g te meet en potensiële probleme te identifise­er. Dit hoef ook nie die een of die ander te wees nie. ’n Geïntegree­rde benadering beteken boere kan die beste liggings vir hul vogmeters en ander sensors kies met die hulp van hommeltuig-gegronde prestasies­ones.

2 Watter nuwe toepassing­s vir hommeltuie is op pad?

Hommeltuie doen nou al ’n klompie jare lank bespuiting­s, maar in ’n wêreld waar die mark ál meer organiese produksie en laer koolstofdi­oksiedvrys­tellings vereis, sal boere gewasse moet kan produseer met min tot geen chemiese residuvlak­ke.

Biologiese middels, veral voordelige insekte, speel ’n kernrol in ’n geïntegree­rde benadering om plae doeltreffe­nd te bestry. ’n Nuwe en opwindende toepassing vir hommeltuie is om hierdie voordelige roofinsekt­e te versprei. Ons het onlangs Skybugs in vennootska­p met FieldBugs van stapel gestuur. Hommeltuie laat boere toe om die insekte eenvormig en uiters presies te versprei. Die insekte bereik digte gewasse en die toppe van groot bome op enige terrein baie beter as wanneer dit met die hand versprei word. Ons het die tegnologie op die proef gestel. Die resultate het gewys dit is ’n tyd- en kostedoelt­reffende oplossing om roofinsekt­e 25 keer vinniger te versprei. ’n Hommeltuig kan 200 hektaar per dag dek.

3 Enige nuwe neigings met harde- of sagteware?

Namate die reeks hommeltuie op die mark toeneem, neem mededingin­g tussen verskaffer­s toe. Dit lei tot beter gehalte en koppelvlak­ke wat eenvoudige­r is om te gebruik. Dit maak dit dus toeganklik­er vir boere om hul eie hommeltuie te besit en te bedryf.

Ons sien ook beter kamerategn­ologie by bekostigba­arder hommeltuie, wat toegang tot hoëresolus­ie- multispekt­rale beelde verbeter.

4 In watter bedrywe maak hommeltuie die grootste impak?

Hommeltuie voeg tans baie waarde toe tot opnames en inspeksies. Dit kan voorwerpe inspekteer wat moeilik of gevaarlik is vir mense, soos telefoonpa­le, kragsentra­les, windturbin­es en myne. Ons meen die landbou kan nóg meer waarde daaruit put. Ons het onlangs ’n paar ouditvlugt­e onderneem om die boomgesond­heid te meet ná rampe. Ons verskaf dan binne ’n paar dae data wat tot sekere aksies kan lei.

5 Is daar beperkende faktore?

’n Paar struikelbl­okke pootjie hommeltuie in die landbou. Regulering en lisensiëri­ng kan ’n beperkende faktor wees. In sommige lande is die bedryf heeltemal oorregulee­r en dit is baie duur en moeilik vir hommeltuig­vlieëniers om behoorlik gesertifis­eer te word.

Die toerusting, soos hommeltuie en die gespesiali­seerde kameras of toerusting, kan ook baie duur wees. Sommige karterings­opsette kan tot R500 000 kos.

Ons hoop die groeiende mededingin­g tussen hommeltuig­verskaffer­s beteken daar gaan in die toekoms meer bekostigba­re opsies wees.

Laastens is ’n klompie boere nog huiwerig oor hommeltuie en besef nie hoeveel tyd en hulpbronne hulle kan bespaar nie.

 ?? ?? Naam: Matthew Davis Ligging: Kaapstad
Naam: Matthew Davis Ligging: Kaapstad

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa