Landbou Weekblad Tegnologie

Vernuwende tegnologie trek aandag

Verskeie nuttige hulpmiddel­s vir Suider-Afrikaanse boere, plaasbewon­ers en jagters is in die afgelope jaar of wat beskikbaar gestel. Alle pryse sluit BTW in, en is soos met die bekendstel­ling.

- VERSLAGSPA­N

VERSPREI ORGANIESE MISSTOF BETER

Die Lemken Heliodor word nou met ’n voorbereid­ingstelsel toegerus wat dit moontlik maak om ’n Vogelsang DosiMat DMX-presisiemi­sstrooier bo-op die eg te heg.

Die kombinasie van twee bewese werktuie is ideaal vir die presiese en laeverlies­verspreidi­ng van organiese kunsmis, wat dan deur die eg in die grond ingewerk word. Die Heliodor bied ’n goeie grondslag vir die toediening, aangesien dit kompak en laag is en dus min bykomende druk op die trekker se optel- en trekvermoë plaas.

Die DosiMat DMX is bekend om sy doeltreffe­nde dwars- en lengtevers­preiding wat konsekwent gehandhaaf word, selfs teen uiters lae en hoë toediening­skoerse.

Die manier waarop die twee werktuie saamwerk, is eenvoudig: Mis word van bo in die DosiMat gevoer, binne-in die toestel gehomogeni­seer deur ’n vloei-geoptimali­seerde rotor wat met snylemme toegerus is, en dan in die individuel­e afsetpunte gestoot. Vesel en ander materiaal word tydens die proses opgekerf. Dit stel die werktuig-duo in staat om die gewenste presiese verspreidi­ng te behaal en help om verstoppin­gs te voorkom. Die mis gaan dan deur pype na agter die eerste ry skywe op die Heliodor, waar dit in die grond ingespuit en onmiddelli­k deur die tweede ry skywe van die sleeprolle­r toegegooi word.

Die Heliodor-DosiMat-duo is in pas met huidige neigings. Stygende kunsmispry­se dwing boere om na ander, meer organiese opsies te kyk. Deur die mis onmiddelli­k ná toediening in die grond in te werk, word stikstofve­rliese verminder.

Só is die proses nie net ekonomies nie, maar word waterbronn­e ook beskerm. PRYS: Op aanvraag.

NAVRAE: Me. Monica Shears, Lemken, 012 993 5929.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa