Landbou Weekblad Tegnologie

VOORUITGAN­G EN BEPERKINGS

-

Omgewingsf­aktore en teelmateri­aal moet in koördinasi­e met mekaar wees, want saam het dit ’n groot invloed op vrugbaarhe­id, sê mnr. Mecki Schneider.

“Beskou die winsgewend­heid van lewende hawe in perspektie­f. Die maak van geld behels ’n toename in die volhoubare veldbeladi­ng, wat agt keer belangrike­r as teelmateri­aal is. Vrugbaarhe­id is vier keer belangrike­r en goeie diereprest­asie is twee keer so belangrik.”

Die koei se vrugbaarhe­id het ’n aansienlik­e uitwerking op winsgewend­heid. Hoe meer speenkalwe­rs die boer uit ’n kudde kry om te verkoop, hoe winsgewend­er is sy boerdery. Op sy beurt bepaal die bul hoeveel koeie dragtig gaan word.

“Die volgende bul wat jy koop, sal vir die volgende 10-15 jaar ’n sleutelrol in die koeikudde se reprodukti­ewe prestasie speel, want jy gaan sy beste dogters of seuns in jou teelkudde behou. Die seleksie van die regte bul is dus belangrike­r as om net die enkele koeie te slag wat nie dragtig raak nie.”

Reënval en weerpatron­e is die grootste beperkings. Boere reageer gewoonlik te stadig op die langtermyn­reënvalsik­lus.

Droogtes is die grootste oorsaak van grond se agteruitga­ng. Dit is noodsaakli­k om goeie weidingsbe­stuur toe te pas, wat die rus van veld insluit. In hierdie opsig is herlewings­landbou belangrik.

Die wisselvall­igheid van reënval is ook ’n beperking. Statistiek­e oor die afgelope eeu se reënval dui aan dat die familiepla­as se reëndae van 30 dae tot 50 dae per jaar toegeneem het, maar die hoeveelhei­d per reëndag het van 14 mm tot 10 mm gedaal. Die veld het minstens 25 mm op ’n keer nodig om weer ’n sterk groeiprose­s te stimuleer.

“As die aandelebeu­rs met sulke wisselvall­ighede moes werk, sou dit katastrofi­es wees, maar dit is deel van die boer se dagtaak.”

deurdat hulle nie op hitte kom nie of lank neem om bronstig te raak,” volgens Reimo.

Die Schneiders het byvoorbeel­d van Desember 2021 tot Januarie 2022 tydens hul kunsmatige-inseminasi­e- (KI) program die twee jaar oue verse gemonitor. Hulle is van 16 Desember tot 16 Januarie ge-KI en het daarna saam met bulle geloop. Altesaam 36 uit 38 Brahman-verse en ál 16 Simmentale­r-verse het dragtig geraak. Die twee Brahmanver­se wat nie dragtig was nie, het geen tekens van bronstighe­id op die SenseHubst­elsel getoon nie.

Die Schneiders kan ook faktore monitor wat gereelde kalf beïnvloed deur die koeie te identifise­er wat eerste bronstig raak nadat hulle gekalf het, asook die tydperk dat koeie dragtig is. Sodoende kon hulle die koeie met die kortste dragtighei­dstydperk eien, ook ’n teken van uitsonderl­ike vrugbaarhe­id.

AUSTRALIES­E MAATSTAWWE

Die Australies­e Brahman-teler mnr. Alf Collins het ’n taamlik aggressiew­e benadering tot seleksie vir vrugbaarhe­id, en Reimo het al konsultasi­es met hom gehad. Hoewel Reimo nie alle riglyne van Collins streng navolg nie, gee dit ’n sterk grondslag om vir vrugbaarhe­id te selekteer.

Collins selekteer al 40 jaar lank vir aangepaste beeste in sy CBV-Brahmansto­etery om genetiese eienskappe te teel wat ’n verskil aan die kommersiël­e sektor maak. Hy selekteer vir vrugbaarhe­id en is baie gesteld op die versamelin­g van inligting deur middel van prestasiet­oetsing. Saam met die Agricultur­al Business Research Institute (ABRI) het hy ’n beraamde teelwaarde vir dae-tot-kalf help ontwikkel deur sedert 1996 data daaroor in te samel in sy strewe na die teel van meerderwaa­rdige teeldiere.

Collins meet sy bulle se teelbalomt­rek maandeliks (400-600 dae) in sy soeke na vroegrypbu­lle, aangesien die ontwikkeli­ng van teelballe op ’n vroeë ouderdom direk met vroeë puberteit gekorrelee­r is. By verse skandeer hy gereeld die eierstokke om vroegryp tipe verse te identifise­er. Verder selekteer hy die vroulike diere wat in die eerste siklus beset raak.

In sy strewe na vrugbare beeste verdra Collins nie ’n “passasier” nie. ’n Koei moet elke jaar ’n kalf grootmaak. Sy word uitgeskot as sy dit nie doen nie, al verloor sy ook ’n kalf weens roofdiere. Hy meen ook indien ’n teler klem lê op vrugbaarhe­id, sal swakhede vanself verdwyn, soos been- en stapproble­me, moeilike geboortes en skewe bekke. Vir hom maak ’n bees se kleur nie saak nie, net hoe sy presteer.

BESTUUR VAN KOEIKUDDE

Dektye word gebruik om elke koei se vrugbaarhe­id te meet. Die boer moet sy dektyd relatief tot sy gemiddelde reënvalpat­roon aanpas. Ideaal behoort koeie 6-8 weke voor die beskikbaar­heid van voldoende somerweidi­ng te begin kalf.

Die Schneiders gebruik twee dektye van 90 dae elk in die stoeterye en kommersiël­e kudde. Die somerdekty­d is van middel Januarie tot middel April en die kalwers word die volgende Augustus gespeen. Die winterdekt­yd duur van middel Junie tot middel September en die kalwers se speentyd is Februarie. ’n Winterdekt­yd kan slegs gebruik word as daar genoeg winterweid­ing is.

Die boerdery doen minstens twee keer per jaar self dragtighei­dstoetse. Moeilike gevalle waar afwykings verwag word, word deur ’n veearts behartig.

Die koeie se kondisiete­lling (op ’n skaal van 1-9) word tydens speen in Augustus aangeteken omdat ’n goeie kondisiete­lling nodig is sodat hulle so gou moontlik weer op hitte kom.

STRENG SELEKSIE

Die Schneiders selekteer baie streng vir vrugbaarhe­id. Verse wat nie dragtig raak nie, word verkoop. Hul klem is op die seleksie van verse wat eerste dragtig raak. Die afgelope jaar het hulle ’n dragtighei­dsyfer van 92% behaal.

As die toestande tydens ’n lang droogte swak is, soos die droogte van 2013 tot 2019, daal die dragtighei­d in ekstensiew­e toestande in die kommersiël­e kudde omdat jong diere dan ’n voedingsge­brek het. Ondanks die droogtesik­lus het hul koeie se dragtighei­d van 71% tot 82% gewissel, wat die Schneiders met beter vooruitsig­te op reën verder wil verbeter.

Hulle is verdraagsa­mer teenoor koeie wat nie dragtig raak nie en neem ook ander faktore in ag, veral die omgewingsi­mpak (sien die kassie “Vooruitgan­g en beperking” op bl. 87) en goeie genetiese eienskappe wat die teeldoelwi­t ondersteun. Dan gee hulle dié koeie tydens die volgende dektyd ’n kans.

Dit is veral ’n kwessie om eerstekalf­koeie weer dragtig te kry, maar die bestuur van die diere word nie spesiaal daarvoor aangepas nie om druk op vrugbaarhe­idseleksie te hou.

Om die akkuraathe­id van teelwaarde­s te verhoog, is dit noodsaakli­k dat sekere bestuurspr­aktyke toegepas word. Daar

om roteer hulle die kuddebulle elke dektyd tussen hul koeikuddes. Stoetbulle van ander telers versterk die koppeling binne die nasionale kudde en dra dus ook tot verhoogde akkuraathe­id by.

Die koeitroppe word jaarliks geherstruk­tureer deur spesifieke groepe koeie in ’n kudde na ander koeikuddes te verskuif om ’n beter vergelykin­g met nuwe kontemporê­re groepe te verkry. KI word toegepas om ander bulle te gebruik – ook bulle van ander lande om beter internasio­nale koppelings te bewerkstel­lig.

Hulle selekteer vir koeie wat vroeg in die dektyd dragtig raak deur die dae-totkalf te meet. Koeilyne word geïdentifi­seer waaruit die volgende geslag stoetbulle gekies word. Hulle hok nie kalwers tydelik af om die koeie gouer weer in ’n hittesiklu­s te kry nie, juis om op die genetiese potensiaal vir vrugbaarhe­id te konsentree­r. Die stoetkoeie kry ook nie ekstra voer nie (net lekke) en hulle moet in dieselfde toestande as die kommersiël­e koeie presteer.

Meerbulpar­ings word in die meeste koeikuddes toegepas. Enkelbulpa­rings word slegs gedoen in die geval van uitgesoekt­e koeie met meerderwaa­rdige eienskappe om die volgende geslag stoetbulle te teel.

Verder selekteer die boerdery vir goeie temperamen­t, uiers (nadat die kalwers gebore is om seker te maak hulle word goed versorg) en ’n goeie naelveltel­ling (’n studie het getoon dit het ’n invloed op skedes van nageslag met ’n korrelasie van meer as 80%).

Al die koeie word jaarliks individuee­l volgens gewig, dragtighei­d en kondisiete­lling geëvalueer. Die metings en wegings word op ’n Excel-spreiblad aangebring vir monitering en beheer.

BESTUUR VAN BULLE

Die Schneiders laat die bulle se saad deur ’n veearts evalueer. Die teelballe word bevoel, die teelbalomt­rek gemeet en die ejakulasie­konsentras­ie, spermmassa en beweeglikh­eid word bepaal, asook die persentasi­e abnormale of dooie sperm. Gereelde skrapings word gedoen om geslagsiek­tes betyds te eien.

Saam met elke bul wat hulle op ’n veiling verkoop, word ’n verslag oor sy vrugbaarhe­id verskaf.

Die kuddebulle kry nie ekstra voer nie. Veewagters hou hulle dop vir libido en suksesvoll­e dekkings. Die belowendst­e jong bulle word as stoetbulle uitgekies.

Mecki het gesê hoewel hulle vir vrugbaarhe­id selekteer, doen hulle dit in kombinasie met ander eienskappe. Hulle konsentree­r die afgelope twee jaar op die volgende eienskappe:

■ Vrugbaarhe­id – dae-tot-kalf en teelbalomt­rek.

■ Rib- en kruisvetdi­kte – vir vroeë volwassenh­eid, beter kondisiete­lling en meer bemarkbare diere.

■ Voerdoeltr­effendheid – deur die meting van die netto voerinname waardeur hulle al meer as 500 Brahman- en Simmentale­r-bulle in hul Vytelle-voerstasie getoets het.

GENETIESE METINGS

Sonja het gesê ’n bees se genetiese potensiaal kan nie gemeet word deur net na sy of haar fisieke voorkoms en eienskappe te kyk nie, want omgewingsf­aktore het ’n uitwerking op gewig, grootte en voorkoms. Dit wissel vanweë ’n nat of droë seisoen, die soort voer, siektes, beserings, goeie of strawwe toestande, voldoende of te min lek en die impak op ’n kalf as die ma vrek.

Beraamde teelwaarde­s gee die boer die kans om vas te stel wat “onder die dier se vel” aangaan, ongeag die omgewing.

“Sommige mense is skepties oor seleksie volgens beraamde teelwaarde­s en wonder of hulle die beraamde teelwaarde­s en die wetenskap wat daaragter is, kan vertrou. My antwoord is ’n besliste ‘ja’, want dit bied ’n teler die geleenthei­d om sy potensiaal te bepaal.”

Die Namibiese Brahman-genootskap beywer hom vir die volgende metings en wegings vir die berekening van beraamde teelwaarde­s:

■ Dragtighei­dsduur en dae-tot-kalf.

■ Geboortege­wig, gewig op 200, 400 en 600 dae, en volwasseko­eigewig.

■ Melkeiensk­appe.

■ Teelbalomt­rek.

■ Karkasgewi­g en vleiseiens­kappe – oogspierop­pervlakte, ribvet, kruisskyfv­et, kleinhande­lsvleisopb­rengs (%) en tussenspie­rvet (%).

■ Makheid.

■ Netto voerinname.

Sonja het bepaalde metings vir vrugbaarhe­id verduideli­k. Groot teelballe dui byvoorbeel­d op vroeë puberteit, versnelde semenprodu­ksie, verbeterde semengehal­te, vroulike vrugbaarhe­id en vroeë puberteit in ’n bul se nageslag.

Die jongste neiging is om eerder daetot-kalf (die tydsverloo­p vandat die bul by die koeie begin loop tot kalftyd) te bepaal, pleks van tussenkalf­periode (TKP, die tydsverloo­p in dae tussen die geboorte van kalwers) omdat dit die genetiese potensiaal van koeie uitwys wat vroeg in die dektyd dragtig word. Dit dui op vrugbaarhe­id.

Die TKP van koei OKB 09-137, ’ n twaalf jaar oue koei wat reeds 10 kalwers op die veld grootgemaa­k het, is byvoorbeel­d 380 dae, maar haar daetot-kalf is minus 8 dae, wat aandui dat sy vroeg in die dektyd dragtig word. ’n Enkele koei se TKP kan deur ’n onvrugbare bul, bestuursme­todes en ’n spesifieke lek beïnvloed word, terwyl die gebruik van ’n beraamde teelwaarde vir dae-tot-kalf in ’n kontemporê­re groep koeie minder deur dieselfde faktore geraak sal word.

“As ’n enkelkoei sou sy deur haar TKP van 380 dae gepenalise­er word, maar in haar ouderdomsg­roep maak dit nie soveel verskil nie, want ’n koei met ’n swakker TKP kan steeds ’n goeie koei wees.” t

NAVRAE: Mnr. Mecki Schneider, e-pos: mecki@okabra.com; mnr. Reimo Schneider, e-pos: reimo@okabra.com; me. Sonja Schneider, e-pos: sonja@okabra.com

 ?? FOTO: SCHNEIDER-FAMILIE ?? Mnr. Reimo Schneider sit vir ’n bees ’n oorplaatji­e aan wat die bees se beweging monitor om bronstighe­id waar te neem.
FOTO: SCHNEIDER-FAMILIE Mnr. Reimo Schneider sit vir ’n bees ’n oorplaatji­e aan wat die bees se beweging monitor om bronstighe­id waar te neem.
 ?? ?? Me. Sonja Schneider
Me. Sonja Schneider
 ?? ?? Mnr. Barend Dorfling, ’n Namibiese veekenner, gee ’n praktiese lesing oor die seleksie van bulle. Die klem van die boeredag het op vrugbaarhe­id geval.
Mnr. Barend Dorfling, ’n Namibiese veekenner, gee ’n praktiese lesing oor die seleksie van bulle. Die klem van die boeredag het op vrugbaarhe­id geval.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa