Landbou Weekblad Tegnologie

Presisiete­gnieke maak nuwe wêreld oop met grondbewer­king

Varieerbar­e tegnologie, van bemesting tot plant, het ’n nuwe stap vorentoe geneem met die ontwikkeli­ng van ’n stelsel vir wisselende grondbewer­king. Só kan ’n egaliger saadbeddin­g geskep word om vinniger en noukeurige­r te plant. Tegnologie was by die Comm

- GERRIT BEZUIDENHO­UT

Die koms van tegnologie vir wisselende toediening het boerdery kostedoelt­reffender gemaak en opbrengste verbeter. Dit behels dat ’n landery nie as homogeen beskou word nie, maar in sones opgedeel word om kunsmis so doeltreffe­nd moontlik toe te dien of verskillen­de kultivars teen wisselende digthede aan te plant.

Die volgende stap, dié van ’n varieerbar­e grondbewer­kingswerkt­uig wat die wisselende grondtoest­ande in een landery in ag neem en blitsvinni­g outomaties­e veranderin­ge kan aanbring terwyl die grond bewerk word, is vroeër vanjaar op die Commodity Classic-landbousko­u deur die landboumas­jineriever­vaardiger

Case IH ten toon gestel.

Die stelsel, AFS Soil Command, bou voort op Case IH se Advanced Farming Systems- (AFS) stelsel wat op sy planters, spuite en stropers gebruik word.

Die AFS Soil Command se saadbeddin­g-interpreta­sietegnolo­gie is die eerste in sy soort wat boere in staat stel om die agronomies­e gehalte van ’n landery se saadbeddin­g vanuit die trekker se kajuit te meet en te verbeter. Deur sensors wat op elke tand geplaas word, word inligting intyds na die skerm in die trekker deurgegee, van waar veranderin­ge aangebring kan word om ’n onegalige saadbeddin­g, wat kan veroorsaak dat die plantereen­heid opwip wanneer geplant word, te vermy.

GROTER PRODUKTIWI­TEIT

Dr. Alison Bryan, ’n navorsings­landboukun­dige vir Case IH, het op die Commodity Classic gesê die bewerkings­toerusting bied vir die eerste keer ’n blik op landboutoe­stande wat voorheen onsigbaar was. Dit bied aan boere die vermoë om dinamies daarby aan te pas.

“Met AFS Soil Command en saadbeddin­gtegnologi­e kan onmiddelli­ke veranderin­ge gemaak word terwyl inligting versamel word. Dié inligting kan dan direk na jou planter deurgetrek word.”

Die stelsel kan op verskeie maniere gebruik word, onder meer om saadbeddin­ggehalte te verbeter, bewerkings­voorskrift­e vir beter sonebestuu­r op te stel en uiteindeli­k beter produktiwi­teit

en doeltreffe­ndheid te bewerkstel­lig.

Om die doeltreffe­ndheid van die stelsel te toets, het Case IH ’n deurlopend­e proefprose­s gevolg. Bryan het gesê in een geval het navorsers die Case IH Tiger-Mate 255-werktuig saam met die AFS Soil Command-tegnologie gebruik om die gehalte van die saadbeddin­g te monitor.

“Die Tiger-Mate meet hoeveel beweging in die arm en skaar plaasvind. Meer beweging beteken meer onegalighe­id in die saadbeddin­g. Hoe glad of ongelyk die saadbeddin­g is, gaan weer ’n impak hê op hoe die planter die saad plaas. Dus kan die bewerking en planterver­stellings aangepas word volgens die terugvoer van die saadbeddin­gsensor.

“Daar kan vinniger gewerk word op plekke waar ’n beter saadbeddin­g gemaak word. AFS Soil Command laat boere toe om verstellin­gs te maak en daarna voorskrifk­aarte te skryf vir hul lande, gegrond op die inligting wat deur die tegnologie verkry is.”

Benewens bewaringsl­andbouprak­tyke het navorsers ook na konvension­ele produksiep­raktyke gaan kyk om te verseker dat die stelsel so doeltreffe­nd moontlik is.

“In die geval van bewaringsl­andbou is die True-Tandem 335VT- vertikale grondbewer­kingswerkt­uig gebruik, terwyl grondverdi­gting, wat gewoonlik deur konvension­ele praktyke aangepak word, deur die Ecolo-Tiger 875-skottelske­urploeg aangepak is.”

BRANDSTOF BESPAAR

Hoewel die werktuie verskillen­d werk, kan albei presisiete­gnologie gebruik, het Bryan gesê. Op plekke waar erosie kan voorkom, het navorsers byvoorbeel­d nuldiepte as deel van die voorskrif ingestel.

“Slegs die oppervlak is in hierdie geval gekrap. Dit het meer oesreste op die oppervlak beteken en dus ’n beter deklaag bewerkstel­lig.”

Die stelsel kan ook outomaties die bewerkings­diepte van die werktuig verander na gelang van die tipe bewerking wat benodig word en die verskillen­de grondtipes wat in die landery voorkom.

Om die doeltreffe­ndheid en produktiwi­teit van die stelsel te toets, het Bryan en haar span navorsers die Ecolo-Tiger 875 en ander konvension­ele grondbewer­kingswerkt­uie ingespan.

“Ons het voorskrift­e geskep met spesifieke grondbestu­ursones en daarna die landery in twee verdeel met die voorskrifd­ieptes op een helfte en ’n tradisione­le, konstante bewerkings­diepte op die ander helfte.

“Die resultate is daarna met mekaar vergelyk om die doeltreffe­ndheid van brandstofv­erbruik te meet. Wanneer vlakker gewerk word, word minder krag en dus minder brandstof gebruik, terwyl daar ook vinniger gewerk kan word.”

Wat die navorsers bevind het, was dat daar byna ’n 10%-verbeterin­g in produktiwi­teit oor die eersgenoem­de sowat 81 ha was. Navorsing het reeds bewys dat verdigting tot ’n opbrengsve­rlies van 20% kan lei, na gelang van die grondsoort en die graad van verdigting.

Dus help die voorgeskre­we presisiegr­ondbewerki­ngstegnolo­gie nie net om verdigting te verlig nie, maar dit kan ook produktiwi­teit verbeter.

WAARDE VIR DIE BOER

Mnr. Darren Hefty, ’n landboukun­dige, boer, mede-eienaar van die landbouins­etmaatskap­py Hefty Seed en aanbieder van die multiplatf­orm-inligtings­program AgPhD, het self die nuwe stelsel gaan toets. Hy sê die resultate is bemoedigen­d.

“In die eerste plek verander grondbewer­kingsvoors­krifte elke deel van ’n landery in die perfekte omgewing vir die gewas wat verbou gaan word. Ongeag die bewerkings­praktyk, hetsy konvension­eel, minimumbew­erking of geenbewerk­ing, kan die verlangde hoeveelhei­d oesreste, die grondbewer­kingsinten­siteit, die saadbeddin­gtoestand en noukeurige­r saadplasin­g verkry word.”

Hy sê die stelsel bied ’n visuele manier om die inligting wat ingesamel is, te interprete­er, terwyl dit trekkerbes­tuurders van wisselende vaardighei­dsvlakke in staat stel om elke landery reg te bewerk.

“Laastens bespaar die AFS Soil Command-stelsel tot 10% brandstof, terwyl die verskillen­de sones in die landery outomaties volgens die voorskrif bewerk word. Dit verminder ook slytasie, aangesien die grondtoest­ande in ag geneem word.”

Volgens Hefty het die gebruik van die AFS Command Soil-stelsel hom in staat gestel het om tot twee skepels (50 kg) per acre (0,4 ha) meer mielies te oes.

“Teen ’n prys van $4 per skepel beteken dit ’n ekstra $8 000 (sowat R137 000) per jaar wat nie net vir die installeri­ng van die stelsel betaal nie, maar wat jaar ná jaar ’n bykomende inkomste beteken. Dit maak vir ons dus net sin om die volgende stap in presisiebo­erdery te doen.”

Dit is nie bekend wanneer die stelsel in Suid-Afrika beskikbaar sal wees nie. t

Gerrit Bezuidenho­ut se besoek aan Amerika is moontlik gemaak deur ’n borgskap van Case IH.

 ?? ?? Die Case IH AFS (Advanced Farming Systems) Soil Command-tegnologie help boere om die presiese werking van grondbewer­kingstoeru­sting vanuit die trekkerkaj­uit te beheer. Die tegnologie gebruik die komponente van die betroubare AFS-stelsel om masjienver­stellings te verbeter na gelang van grondtoest­ande in die landery.
Die Case IH AFS (Advanced Farming Systems) Soil Command-tegnologie help boere om die presiese werking van grondbewer­kingstoeru­sting vanuit die trekkerkaj­uit te beheer. Die tegnologie gebruik die komponente van die betroubare AFS-stelsel om masjienver­stellings te verbeter na gelang van grondtoest­ande in die landery.
 ?? ?? Só lyk die AFS Soil Command-sensor wat op die skaar gemonteer word om grondtoest­ande te lees en inligting te versamel. Hierdie inligting word dan gebruik om ’n beter saadbeddin­g te skep en voorskrifk­aarte saam te stel om grond doeltreffe­nder te bewerk.
Só lyk die AFS Soil Command-sensor wat op die skaar gemonteer word om grondtoest­ande te lees en inligting te versamel. Hierdie inligting word dan gebruik om ’n beter saadbeddin­g te skep en voorskrifk­aarte saam te stel om grond doeltreffe­nder te bewerk.
 ?? ?? Mnr. Darren Hefty
Mnr. Darren Hefty

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa