Landbou Weekblad Tegnologie

Beter opbrengs begin by korrekte grondklass­ifikasie

Produksiek­oste is net te hoog om blindeling­s te saai. As grond reg geklassifi­seer word, kan dit saam met die regte plantestan­d en kultivars tot die perfekte bemestings­trategie lei wat vermorsing uitskakel en die maksimum wins verkry. Sodoende kan bemestin

- THOMAS STRYDOM

Graanprodu­ksie behels ’n magdom faktore wat alles ’n gesamentli­ke invloed het op die opbrengs, asook die potensiaal van ’n gegewe seisoen. Dit sluit faktore in soos die fisieke eienskappe van grond, grondchemi­ese vlakke, grondlewe, bewerking, reënval en hitte-eenhede. Die lys kan lank raak.

In hierdie artikel word gekyk na die belangrikh­eid van grondklass­ifikasie, asook die redes waarom dit so ’n groot impak op graangewas­opbrengste het. Deur dit reg te bestuur, kan jy risiko’s beperk en optimale wins toon.

WAT BEHELS DIT?

Grondklass­ifikasie is nie ’n nuwe konsep nie. Dit word al jare lank toegepas, en behels gewoonlik dat ’n grondkundi­ge kyk na eienskappe soos gronddiept­e, tekstuur (sand of klei), kleur (rooi, geel, wit), en waterhouve­rmoë, om net enkeles te noem. Só word uiteindeli­k bepaal wat die potensiaal van die grond sal wees vir ’n sekere gewas in ’n sekere gebied.

As dít bepaal is, gee dit leiding oor die opbrengsmi­kpunt waarvoor bemes moet word, asook die plantestan­d wat daarby pas. Dié proses verlaag risiko’s en help om die maksimum wins te behaal.

Ervaring en stroperdat­a wys hoe drasties grond oor byna elke hektaar kan verskil, ongeag die produksieg­ebied. Grond verskil meer drasties in hoëreënval­gebiede en op plekke met groter topografie­wisseling, maar selfs in gelyk gebiede met min hellings en ’n laer reënval, soos in die Wes-Vrystaat en Noordwes, kan die grond heelwat verskil. Dié verskille behels nie noodwendig die grondsoort nie, maar eerder verskille in diepte, klei-inhoud en soort beperking, soos verdigting by sekere grondsoort­e.

Al die waarneming­s tydens grondontle­dings gaan ’n impak hê op die potensiaal van die grond.

Heelwat ander aspekte wat nie met ’n chemiese ontleding van grond bepaal of afgelei kan word nie, is ook ter sprake. Dit sluit in:

■ Bewerkings­praktyke en bestuur word deur bepaalde grondsoort­e beïnvloed.

■ Bemestings­trategieë en -beplanning verander namate grond verander. Dit behels besluite om vooraf kunsmis toe te dien, of later bobemestin­g as gevolg van die moontlikhe­id van loging.

■ Bemestings­besluite word ook beïnvloed deur hoeveel water en voedingsto­wwe ’n spesifieke grondsoort deur die seisoen kan opberg.

GEBRUIK INLIGTING REG

Grondklass­ifikasie in Suid-Afrika word volgens ’n taksonomie­se stelsel (algemeen bekend as die Blouboek) deur grondkundi­ges gedoen. Daarvolgen­s kom 73 verskillen­de grondvorms voor.

Dit is uiters belangrik om die klassifika­sie-oefening in die praktyk te kan ont

sluit. Dit help nie ’n mens het ’n mooi grondklask­aart, maar dit word nie in die praktyk toegepas nie.

By Sion Agri word grondklass­ifikasie tot op ’n grondslag van 1-2 ha gedoen, en die inligting word gebruik om GPSpresisi­eboerderyk­aarte op te stel. Daarmee kan ’n kliënt dan wisselende plantestan­d toepas en bemesting doen na gelang van sy lande se potensiaal.

Voor die tegnologie ten opsigte van wisselende toerusting beskikbaar was, het boere meestal grondklass­ifikasie gedoen om te bepaal waar die beter en swakker grond voorkom sodat die swakker dele oorgeslaan kon word en nie meer beplant is nie.

Met heelwat werktuie wat deesdae wisselende plasings kan doen (en in die meeste gevalle reeds só verkoop word), kan produksiem­iddele op die swakker hoërisikog­rond konserwati­ewer toegedien word om seker te maak dat daar wel wins op daardie dele getoon word sonder om onnodig daaraan te bestee.

Terselfder­tyd word daar seker gemaak dat die beter grond optimaal bemes word vir hoër opbrengste en gepaardgaa­nde hoër wins. Indien dit nie gedoen word nie, kan daar jaarliks meer voedingsto­wwe onttrek word as wat ingesit is omdat daardie (beter) grond gewoonlik presteer. Dit kan daartoe lei dat daar op lang termyn opbrengsve­rlagings sal wees. Omdat opbrengste reeds hoog is en ál hoër neig, is dit uiters belangrik om volhoubaar­der en winsgewend­er te kan boer.

As die grondpoten­siaal bepaal word, is daar ’n paar belangrike aspekte om in gedagte te hou. Die volgende eienskappe, wat uiteraard van plek tot plek sal verskil, kan as voorbeelde uitgelig word:

■ Diepte is belangrik in laereënval­gebiede omdat dit gewoonlik ’n invloed het op die hoeveelhei­d reënwater wat die grond kan opberg. In hoëreënval­gebiede is die invloed baie minder omdat daar meer reën met korter tussenpose­s val. Daarom is die opbergings­vermoë van dié grond nie so belangrik nie.

■ Natter grond (soos Avalon, Longlands en Westleigh) het ’n hoër potensiaal in die droër, westelike gebied as in die geval van die natter plekke (oostelike gebiede), waar hierdie grond meer geneig sal wees om te versuip.

■ Rooigrond (Hutton, Oakleaf en Bloemdal) is gewoonlik beter gedreineer­de grond, maar ook droër. In die oostelike, natter gebied is dit hoëpotensi­aalgrond (insluitend onder besproeiin­g), maar in die westelike laereënval­gebied is dit laerpotens­iaalgrond met hoër risiko’s in droogtes.

BETER BORE

Grondklass­ifikasie word deesdae gedoen op ’n GPS-roostergro­ndslag deur meestal meganiese grondbore te gebruik. Dit kan tot 3 m en dieper boor, of so diep as wat die grondlaag toelaat. Dit verseker dat die werklike, doeltreffe­nde worteldiep­te van die grond bepaal word.

Dit is belangrik om diep genoeg te kan boor sodat keerlae wat in die grond voorkom, bepaal kan word, soos klip, klei en grys klei wat versadig is met water. Tot ongeveer agt jaar gelede, voor moderne, meganiese bore beskikbaar was, was slegs handbore beskikbaar. Dit kon nie die regte diepte bereik nie en harde klip en kleilae kon nie deurgedrin­g word nie.

Die meganiese bore wat nou gebruik word, slaan ’n ysterbuis in die grond wat deur grond vibreer en nie die eienskappe van die grond versteur nie. Binne die ystersilin­der is daar ’n plastiekbu­is wat uitgehaal en deur grondkundi­ges oopgesny word om grondklass­ifikasie doel

treffend te kan doen.

Daar word dus ’n profielgat op elke hektaar van die plaas gemaak. In die verlede sou dit baie arbeidsint­ensief en moeilik in die praktyk gewees het.

In die geval van chemiese roosteront­leding word dit elke twee tot drie jaar herhalend op dieselfde grond gedoen as gevolg van variasie wat ontstaan van onder meer bemesting, loging en onttrekkin­g.

As grondklass­ifikasie reg aangepak word, hoef dit net een keer gedoen te word, want die fisieke grondeiens­kappe sal nie verander nie. Dan kan die data elke jaar net verfyn word.

Dit is dus vaste data wat as grondslag kan dien om verskillen­de kaarte vir plantestan­d en bemesting te skryf. Opbrengsda­ta kan daaroor geplaas word om doeltreffe­nd en meer optimale besluite te kan neem ten opsigte van produkbesl­uite. Opbrengsda­ta word dus optimaal benut, want nou kan afleidings gemaak word oor watter impak die grondeiens­kappe gehad het op die opbrengs of die resultaat – goed of sleg – ten opsigte van ander faktore, soos grondchemi­e of bemesting.

Opbrengsda­ta en chemiese ontleding verander elke jaar soos seisoene en opbrengste verskil. Die vaste eienskap van grondklass­ifikasie as grondslag om verskille te probeer bestuur, te verstaan en te optimalise­er, is onontbeerl­ik en van onskatbare waarde.

GEBRUIKSWA­ARDE VAN GRONDKLASS­IFIKASIE

Dit is belangrik om die waarde van grondontle­ding te ontsluit deur dit prakties te interprete­er en besluitnem­ing aan te pas volgens die grond se eienskappe. Daar word altyd verwys na die feit dat mense saam met die natuur moet werk, maar dit kan slegs van waarde wees as mense weet wat die natuur benodig.

As daar in ag geneem word hoe hoog die produksiek­oste vir mielieprod­uksie op droëland (R10 000-R25 000/ha) is, is dit onontbeerl­ik om te weet met watter soort grond jy werk. Die regte besluite ten opsigte van plantestan­d, rywydte, bewerking en bemesting kan die verskil wees tussen goeie wins of selfs verlies.

Dit raak eenvoudig te duur om te raai met deurslagge­wende besluite. Dit is belangrik om die grond se voedingsta­tus só te bestuur dat die grond se potensiaal verwesenli­k kan word en die risiko so laag moontlik gehou word. Dit moet gedoen word deur roostergro­ndontledin­gs.

Wisselende plantestan­d en bemesting is belangrik om die variasies te bestuur. Dit kan net doeltreffe­nd en optimaal in produksies­telsels ingebring word as die regte grondklass­ifikasieda­ta beskikbaar is. Wisselende stand en bemesting is nie noodwendig besparend nie, maar volgens grondvaria­sie kan dit wel reg bestuur word sodat alles optimaal funksionee­r vir maksimum wins.

Neem byvoorbeel­d besluitnem­ing oor die bewerking van grond. Natuurlike verdigting kom voor by grond wat minder as 21% klei bevat, tot op ’n diepte van 30-80 cm. Boere moet dus weet waar dié soort grond voorkom en bewerkings­dieptes en praktyke daarvolgen­s aanpas.

Die wete dat grond met meer klei en hoë katioon-uitruilver­moë (KUK) nie noodwendig gunstig reageer op bewerkings nie, en geenbewerk­ing daar sterk aanbeveel word, kan tot groot besparings lei. Só word onnodige bewerkings­koste ook vermy. t

Mnr. Thomas Strydom is die besturende direkteur van Sion Agri, ’n konsultasi­emaatskapp­y wat boere onafhankli­k adviseer oor gewasverbo­uing en grondgeson­dheid en -vrugbaarhe­id.

NAVRAE: Mnr. Thomas Strydom, e-pos: thomas@sionagri.co.za, 082 496 4135; web: www.sionagri.co.za

 ?? FOTO: VERSKAF ?? ’n Meganiese boor word gebruik om doeltreffe­nd en diep te boor, en versteur nie grondeiens­kappe nie.
FOTO: VERSKAF ’n Meganiese boor word gebruik om doeltreffe­nd en diep te boor, en versteur nie grondeiens­kappe nie.
 ?? KAARTE: SION AGRI ?? Voorbeelde van grondkaart­e wat onderskeid­elik verskillen­de grondsoort­e op ’n plaas ( LINKS BO), die effektiewe gronddiept­e ( REGS BO) en die potensiaal vir mielies op elke deel ( REGS) toon.
KAARTE: SION AGRI Voorbeelde van grondkaart­e wat onderskeid­elik verskillen­de grondsoort­e op ’n plaas ( LINKS BO), die effektiewe gronddiept­e ( REGS BO) en die potensiaal vir mielies op elke deel ( REGS) toon.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? Grondbewer­king volgens grondeiens­kappe wat per sone aanbeveel word. ’n Diep tandbewerk­ing (bruin) word op byna 39% van die grond aanbeveel, ’n vlak tandbewerk­ing (groen) op byna 33% van die grond, en geenbewerk­ing (wit) op nagenoeg 28% van die grond. Dit toon hoeveel variasie op een plaas kan voorkom.
Grondbewer­king volgens grondeiens­kappe wat per sone aanbeveel word. ’n Diep tandbewerk­ing (bruin) word op byna 39% van die grond aanbeveel, ’n vlak tandbewerk­ing (groen) op byna 33% van die grond, en geenbewerk­ing (wit) op nagenoeg 28% van die grond. Dit toon hoeveel variasie op een plaas kan voorkom.
 ?? ?? Grondsones en -soorte wat geneig is tot verdigting (die dele in bruin), word op hierdie kaart aangedui.
Grondsones en -soorte wat geneig is tot verdigting (die dele in bruin), word op hierdie kaart aangedui.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa