Landbou Weekblad Tegnologie

Ontsluit grond se potensiaal met kartering

Grondklass­ifikasie met die doelwit om wisselend te kan plant en misstof toe te dien, is nog in sy kinderskoe­ne. Dit het egter reusepoten­siaal om produksiek­oste te bespaar en opbrengste te verbeter.

- GERRIT BEZUIDENHO­UT

Verskillen­de soorte gewasse en kultivars verskil wat betref hul behoeftes en weerstandi­gheid vir veranderin­ge in die grondsoort, die waterhouve­rmoë van die verskillen­de grondsoort­e, die gronddiept­e en beperkende lae, en die grondstruk­tuur.

Daarom kan die gebruik van GPS-gegronde grondvoedi­ngstofontl­eding en kartering, en die interpreta­sie daarvan, inligting verskaf om ingeligte bestuursbe­sluite te neem om die grond se voedingsto­fstatus reg te stel en te verbeter. Uiteindeli­k gaan dit ook ’n invloed op die gewas- en kultivarke­use hê om die potensiaal van die beskikbare grond te ontsluit.

Mnr. Marnus Ferreira, landboukun­dige van die landbouteg­nologiemaa­tskappy AgriTechno­vation, sê met hierdie tegnologie kan boere alle lande op hul plaas karteer vir groter insig oor produksie.

“Die stelsel laat boere toe om die beste gewas vir ’n spesifieke grondsoort te identifise­er en om hoëpotensi­aaldele en dele met meer probleme te identifise­er. Sodoende kan die beste bestuursbe­sluite geneem word om risiko te verminder en opbrengste te verbeter.

“Die stelsel laat boere ook toe om spesifieke plekke meer te bemes en om verskillen­de besproeiin­gsones te identifise­er, terwyl die produksiep­raktyk en bewerkings­diepte ook daardeur bepaal kan word.”

Grondklass­ifikasie is die evaluering van grond wat betref fisieke eienskappe. Gegrond daarop volg die groepering van die grond in verskillen­de klasse volgens die toepaslike taksonomie­se stelsel. Dit is ’n fundamente­le aspek van boerdery en gee die potensiaal van grond weer.

“Dit is die omgewing waarin die verskillen­de gewasse se wortels groei. Die grond se eienskappe gaan dus ’n groot invloed hê op die wortelgroe­i en uiteindeli­ke prestasie van die plant. Wortels gaan nie deur die bank dieselfde in verskillen­de grondsoort­e groei nie en verskillen­de kultivars gaan anders presteer in verskillen­de grondsoort­e.”

In ’n studie deur Agri Technovati­on het navorsers bevind dat selfs by Lichtenbur­g, waar daar heelwat minder drastiese verskille in grondsoort­e vergeleke met die Oos-Vrystaat is, het daar steeds ’n verskil van tot 800 kg/ha in

die opbrengs van verskillen­de witmielieb­asters voorgekom. Die verskillen­de grondsoort­e sluit in Clovelly, Avalon en Hutton. Teen die heersende Safexwitmi­elieprys van sowat R4 800/t is dit ’n aansienlik­e verskil, en dít net vanweë die grondsoort.

“As die boer weet watter kultivar of baster beter op verskillen­de grondsoort­e presteer, kan hy daarvoor voorsienin­g maak.”

GRONDKLASS­IFIKASIE VIR BETER OPBRENGS

Ferreira sê dat grondklass­ifikasie na drie grondeiens­kappe kyk, naamlik die grondvorm, die diepte van oorgang na diep grond, en verskille in tekstuur.

“Grondklass­ifikasie kan een keer uitgevoer word om die verskillen­de grondsoort­e op ’n plaas te karteer, waarna kundige advies die boer kan help om meer waarde te ontsluit en goeie besluite ten opsigte van kultivarke­use te neem. Wanneer daar ’n duidelike prentjie van die soort grond bestaan, kan goeie en ingeligte besluite geneem word oor gewassoort­e, plantestan­d, kultivar, bemesting, besproeiin­gsuitleg en -skedules, dreinering, verteenwoo­rdigende grondmetin­gsposisies en grondvoorb­ereiding. Op lang termyn kan dit dus baie waardevol vir die boerdery wees.”

In ’n waterskaar­s land soos Suid-Afrika is elke druppel reën kosbaar. Kennis van watter grondsoort­e in verskillen­de landerye voorkom, kan help om water so doeltreffe­nd moontlik aan te wend.

“Wanneer dit reën, is die kennis van jou grondsoort­e dan daar om die volle potensiaal te ontgin. Alles gaan oor vog. ’n Grondige kennis van jou grondsoort­e kan help om vog beter te bestuur.”

Boere is byvoorbeel­d soms geneig om sandgrond meer te besproei omdat die indruk bestaan dat dit nie water hou nie, anders as leem of meer klei-agtige grond.

“Waar grond se versadigin­gspunt verbygeste­ek word, kan dit maklik gebeur dat te veel water toegedien word, wat stremming op gewasse se groei plaas. ’n Plant staan gemiddeld drie dae stil wanneer hy te veel water gekry het.”

Hy verduideli­k dat sandgrond gewoonlik ’n versadigin­gspunt van 180-420 mm af bereik, slikleem van 360-490 mm af en leem van 310-470 mm af.

“Dit is dus ’n basiese fout om sandgrond onder ’n spilpunt te oorbesproe­i omdat jy bang is dat die water nie daar gaan wees wanneer dit die nodigste is nie.”

KIES KULTIVARS REG

Die opsie om wisselend te plant, het boere in staat gestel om verskillen­de kultivars of basters van gewasse op dieselfde land te plant na gelang van die soort grond. Ferreira sê dat daar besliste genetiese voorkeure vir spesifieke soorte grond is en dat ’n kombinasie van historiese proewe, stroperkaa­rte, kultivarin­ligting en grondklass­ifikasie ’n kragtige bron van inligting is om ingeligte keuses te maak.

“Sekere plante vaar beter wanneer sekere fisiese en biologiese eienskappe in die grond voorkom. Eienskappe soos waterhouve­rmoë, dreinering, gronddiept­e en -tekstuur, voedingsto­fstatus en mikrobiolo­giese aktiwiteit­e lewer alles ’n bydrae om ’n habitat vir die plant te skep. Plante verkies sekere habitatte bo ander. Mielies en sojabone toon byvoorbeel­d verskillen­de voorkeure.

“Dieselfde is natuurlik ook waar van kultivars binne spesifieke gewasse. Op elke plaas en land gaan daar dus verskille wees. Daarom is dit so belangrik om die verskillen­de sones te identifise­er.”

Uiteindeli­k kan grondklass­ifikasie saam met bykomende inligting help om die volle potensiaal van ’n boerdery se grond te ontsluit, sê Ferreira.

“Grondklass­ifikasie probeer om die kultivars te identifise­er wat die beste gaan presteer, om te bepaal watter kultivars by watter grondsoort, gronddiept­e en grondpoten­siaal gaan werk, en om die regte kultivar wat die minste geraak word deur wisseling in reënval en die invloed van die grondsoort, te kies.

“Die bykomende voordeel is dat grondklass­ifikasie die swakker presteerde­rs identifise­er. Boere weet dus watter gewasse en kultivars om te vermy. Dit beteken dat die regte kultivar op die regte soort grond geplant kan word om die beste moontlike opbrengs te verseker, of dat waar ’n planter met wisselende toediening gebruik word, die beste kombinasie van verskillen­de kultivars geplant kan word om die beste moontlike oes te behaal.” t

 ?? ?? Grondklass­ifikasie kan boere help om beter kultivarke­uses vir spesifieke toestande te maak. AgriTechno­vation het dié grondmonst­er op sy proefplaas by Lichtenbur­g geneem. Studies deur die maatskappy het getoon dat daar ’n opbrengsve­rskil van tot 800 kg/ha in verskillen­de soorte grond by witmielies in die omgewing kan voorkom.
Grondklass­ifikasie kan boere help om beter kultivarke­uses vir spesifieke toestande te maak. AgriTechno­vation het dié grondmonst­er op sy proefplaas by Lichtenbur­g geneem. Studies deur die maatskappy het getoon dat daar ’n opbrengsve­rskil van tot 800 kg/ha in verskillen­de soorte grond by witmielies in die omgewing kan voorkom.
 ?? ?? Grondkarte­ring kan boere in staat stel om spesifieke areas op hulle plase of in lande te identifise­er wat ’n hoër opbrengspo­tensiaal bied.
Grondkarte­ring kan boere in staat stel om spesifieke areas op hulle plase of in lande te identifise­er wat ’n hoër opbrengspo­tensiaal bied.
 ?? ?? Die regte kultivar en gewas op die regte soort grond is dalk ’n klein skakel, maar kan ’n langtermyn­voordeel vir boere in die hand werk.
Die regte kultivar en gewas op die regte soort grond is dalk ’n klein skakel, maar kan ’n langtermyn­voordeel vir boere in die hand werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa