Landbou Weekblad Tegnologie

Deurbraak met genomiese inligting

’n Deurbraak waarvolgen­s DNS-ontledings vir onder meer die bepaling van vaderskap, genomiese inligting van eienskappe en genetiese defekte van ’n dier gemaak word, haal vir telers die rompslomp uit die stelsel.

- CHARL VAN ROOYEN

Die vooruitgan­g in genomika en die bepaling van spesifieke eienskappe stel telersgeno­otskappe in staat om ’ n biobank vir die ras en telers op te bou. Die tradisione­le manier waarop die Lewendehaw­e-registrere­nde Federasie (LRF) dienste lewer, was dat die genootskap­pe self hul lede se lidmaatska­p, diereregis­trasies en prestasied­ata op ’n gemeenskap­like, geïntegree­rde stelsel, naamlik die Internatio­nal Lifestock Registry2 (ILR2), plaas. Ál die besonderhe­de word dan deur die ILR2 op die internet geplaas.

Me. Izaan du Plooy, tegniese bestuurder van die LRF, werk die afgelope jaar saam met die Agricultur­al Business Research Institute (ABRI) in Australië aan die inwerkings­telling van ’n DNS- genomiese module. Dit kan genootskap­pe in staat stel om die module met registrasi­een prestasiet­oetsstelse­ls te integreer.

Wat beteken dit vir die boer en hoe werk die stelsel? Du Plooy sê die boer stuur twee haar- of weefselmon­sters en ’n versoek aan sy telersgeno­otskap, wat die een monster bewaar, om ’n DNSontledi­ng daarop te doen. Die genootskap se rekenaarst­elsel rig die versoek outomaties aan ’ n betrokke laboratori­um van sy keuse, en die kantoor stuur die ander haar- of weefselmon­ster of ’n haarkaart aan die laboratori­um.

Die stelsel open outomaties ’n lêer met die dier se korrekte identifika­sieen ander besonderhe­de, asook byvoorbeel­d die vaar se DNS-identifika­sienommer wat die laboratori­um voorheen aan hom toegewys het.

Wanneer die resultaat van die laboratori­um terugkom, word die DNS-ontledings­resultate outomaties gelaai en deur die genootskap aan die boer verskaf.

Die nuwe stelsel verseker:

■ Die inligting is versoenbaa­r met die historiese inligting wat reeds op die stelsel gelaai is.

■ Die DNS-resultate word elektronie­s saam met al die nodige inligting aan die laboratori­um versend.

■ Die resultate van die laboratori­um word vanuit die stelsel outomaties na die boer versend met alle nodige inligting.

■ Die haar- of weefselmon­sters is behoorlik gekatalogi­seer en kan hergebruik word.

■ Die genomiese inligting word gelaai om saam met die stamboom en prestasied­ata ontleed te word.

Du Plooy sê die gebruik van die haarkaart in die nuwe stelsel verminder ook die risiko van besmetting. Die boer plak self die haarmonste­r op die haarkaart.

Wanneer hy die oorplaatji­e aansit waarop die dier se identifika­sienommer verskyn, kry hy terselfder­tyd ’n weefselmon­ster wat deur die oortangetj­ie in ’n weefselbui­sie geplaas word.

Die weefselbui­sie bevat ’n buffervloe­istof wat die laboratori­um in staat stel om die weefsel herhaaldel­ik vir ontledings te gebruik.

Nog ’n voordeel van die weefsel is dat die laboratori­umstelsels só opgestel is dat dit ál 96 buisies met weefsels in die houer wat daarvoor aan ’n telersgeno­otskap verskaf word, tegelykert­yd kan verwerk. Dit haal die menslike komponent feitlik heeltemal uit die proses, wat die uitslae betroubaar­der maak.

VADERSKAPT­OETSE

Dr. Michael Bradfield, hoof van die LRF, sê die huidige manier om vaderskap in Suid-Afrika te toets, is om mikrosatel­liete te gebruik waarvolgen­s tot 19 merkers gewoonlik gebruik word om ’n bees se vaderskap te bepaal.

“Net soos ons van bloedmonst­ers na mikrosatel­liete gevorder het, is daar nou ’n nuwe manier om vaderskap te bepaal met behulp van die SNP-stelsel (enkelnukle­otied-polimorfis­mes). Dit gebruik ’n ander metode met meer as 200 merkers om vaderskap te bevestig.

“Terselfder­tyd word ook produksiee­ienskappe in die genomiese ontleding gebruik. Daarby wys die SNP genetiese defekte aan die telers uit.”

Die meer as 200 merkers is dus gewoonlik deel van ’n groter profiel van gewoonlik 50 000 merkers of selfs 100 000 merkers.

Die voordele van ’n genomiese evaluasie is dat dit veral die akkuraathe­id van jong diere se prestasiet­oetsinligt­ing verhoog. t

NAVRAE: Me. Izaan du Plooy, e-pos: izaan@lrf.co.za

 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Die boer ontvang ’n gebruikste­l soos dié. Wanneer hy die oorplaatji­e aansit waarop die dier se identifika­sienommer verskyn, kry hy terselfder­tyd ’n weefselmon­ster wat vanself deur die oortangetj­ie in ’n weefselbui­sie geplaas word.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Die boer ontvang ’n gebruikste­l soos dié. Wanneer hy die oorplaatji­e aansit waarop die dier se identifika­sienommer verskyn, kry hy terselfder­tyd ’n weefselmon­ster wat vanself deur die oortangetj­ie in ’n weefselbui­sie geplaas word.
 ?? FOTO: LRF ?? Dr. Michael Bradfield
FOTO: LRF Dr. Michael Bradfield
 ?? FOTO: LRF ?? Me. Izaan du Plooy
FOTO: LRF Me. Izaan du Plooy

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa