Landbou Weekblad Tegnologie

Kweek vars produkte nader aan die mark

Meer mense in stede, natuurlike hulpbronne wat skaarser word en vervoerkos­te wat styg, het die moontlikhe­id van stedelike voedselpro­duksie ’n werklikhei­d laat word. ’n Jong maatskappy van Pretoria wys hoe boere na stede en dorpe kan uitbrei om hul produkt

-

Die ooste van Pretoria is ’n studie in kontraste, waar die hoë-inkomstewo­onbuurt Silver Lakes en die historiese township Mamelodi skouers skuur. Dit is hier, in ’n nywerheids­gebied, waar die maatskappy Urban Cultivatio­n Internatio­nal met mnre. Juan Pollard en Christof Bothma aan die stuur van sake, stilweg besig is om ’n revolusie in voedselpro­duksie van stapel te stuur.

Pollard sê Urban Cultivatio­n het vier jaar gelede begin.

“Ek het ’n leemte in die mark gesien vir ’n stelsel wat die groot produksieu­itgawes, soos vervoer en oesbeskerm­ingsmiddel­s, kan verminder, terwyl produkte wat tradisione­el ekstensief verbou word, in pakhuise of leë geboue in stedelike gebiede verbou word.

“Die stelsel beskerm vars produkte wat gewoonlik groot hoeveelhed­e oesbeskerm­ingsproduk­te benodig, bespaar tot 90% op water en bemesting, verkort produksiet­ydperke aansienlik, en bied produkte wat onaangeraa­k is deur

gure weerstoest­ande.”

Dit was nie ’n nuwe idee of oplossing nie, maar Pollard wou verseker hy bring die beste stelsel moontlik na Suid-Afrikaanse boere.

Hy het dus reg oor die wêreld na verskillen­de produksies­telsels gaan kyk om ’n werkbare oplossing vir plaaslike omstandigh­ede te vind.

“Daar is ’n magdom voorstelle, oplossings en stelsels, elk met sy eie voordele, maar ek het grootliks gekyk na ’n stelsel wat bekostigba­ar is en in Suid-Afrika as lewensvatb­are en langdurige oplossing kan dien. Die stelsel wat ons hier gebruik, kom uit China. Ons het die afgelope vier jaar gesien dat dit goed werk en kostedoelt­reffend is.”

Hoewel Urban Cultivatio­n hoofsaakli­k die hardeware van die stelsel verskaf, wat ook die installeri­ng daarvan insluit, het die maatskappy ook ’n navorsings­en-toetsafdel­ing wat heeljaar vars produkte kweek om die beste raad aan boere te kan gee oor soorte en gewig.

“Die stelsel is uitstekend vir alle blaargewas­se en sekere kruiespesi­es. Ons het gevind aarbeie pas ook goed in by die produksies­telsel.”

Pollard sê die maatskappy bied meer as slegs ’n hardewared­iens.

“Ons help boere in die regte rigting wat betref saadaankop­e, voedingsto­wwe en raad oor verkope. Volhoubare produk

sie is die uiteindeli­ke mikpunt. Boere moet egter self die bemarking van hul produkte behartig.”

GROEITYD KORTGEKNIP

Binnenshui­se groentepro­duksie is bekend om die hoë vlak van tegnologie en monitering wat benodig word.

“Ons monitorste­lsel sluit sensors en toerusting in wat onder meer grondvog meet (in gevalle waar gewasse in grond onder ligte verbou word). Dit is nie SIM-kaart-gebaseer nie, maar ons gebruik ’n klein ingeboude antenna met radiogolwe om die voggehalte te meet,” sê Bothma, die maatskappy se finansiële direkteur. Dan is daar slegs ’n maandeliks­e tarief om by die wolk aan te sluit.

“Tradisione­le boere buite die stelsel kan ook die vogmeter gebruik. Dit werk met batterye en radiogolwe op die Sigfox-netwerk, wat dit kostedoelt­reffend en eenvoudig maak.”

Benewens die monitering word voedingsto­fbeheerste­lsels aangebring. Urban Cultivatio­n besit ook die agentskap vir Dutch Lighting-stelsels in SuidAfrika.

“Ons kan dus die totale oplossing aan voornemend­e boere verskaf. Dit hoef nie ’n groot kommersiël­e plaas te wees nie. Dink byvoorbeel­d aan koshuise of die gasvryheid­sbedryf, mynbouhost­els, plaaslike gastehuise – alles markte wat deurlopend produkte benodig – en jy het ’n mark vir jou vars produkte.”

Die tyd van saad tot mark word aansienlik verminder.

“Omdat die ligdagure verstel kan word, daar deurentyd voedingsto­wwe en water beskikbaar is, en die klimaat aangepas kan word om presies in die plant se behoeftes te voorsien, groei plante baie vinniger.”

GEEN ONKRUIDDOD­ER

Omdat die groei-area heeltemal geïsoleer word, is daar nie siektes en plae wat die jong plante kan beskadig nie.

“Dit beteken dat geen plaagbestr­ydingsmidd­els, onkruiddod­ers of swamdoders toegedien hoef te word nie, want geen natuurelem­ente het ’n invloed nie. Ons geïsoleerd­e stelsel het nog geen plaag of siekte gehad nie, dus was dit nog nie nodig om sulke produkte te gebruik nie. Indien daar iets in die groeikamer inkom, sal dit iets wees wat mense van buite af saam met hulle ingebring het. Daarom is biosekerhe­id en toegangsbe­heer so belangrik,” sê Bothma.

Die stelsel kan aangepas word om arbeidsint­ensiteit te verminder, anders as in die geval van ekstensiew­e produksies­telsels wat oor ’n groot werksmag moet beskik, veral tydens plant- en oestyd.

“Die stelsel kan onder meer met ’ n hyser toegerus word wat die houers outomaties van die hoogste rakke afhaal. Een of twee werkers kan dan maklik die nodige take verrig.”

Laastens bied die vertikale stelsel ’n groter wins per m2 omdat die rakke op mekaar gestapel word. Een m2 gaan jou dus baie meer opbrengs op jou belegging gee.

KOSTE VAN DIE STELSEL

Bothma verduideli­k die basiskoste per m2 is sowat R5 000.

“Dit sluit die tegnologie, soos ligte, rakke en die vervoermot­or, in. Verdere koste, soos die isoleerger­ief, lugversorg­ing, voedingsto­fbeheer, klimaatbeh­eer en geboubenod­igdhede, sal van die boer en die projekgroo­tte afhang.”

Prakties gesproke kyk ’n voornemend­e boer na ’n koste van sowat R12 500 per m2 vir die volledige stelsel en al sy benodighed­e. Bothma wys daarop dat boere ’n slytasieto­elae oor ses jaar ontvang vir belastingd­oeleindes, wat beteken ’n boer kan sy insetkoste vir belastingd­oeleindes afskryf.

Die maatskappy het reeds ses kommersiël­e eenhede in Suid-Afrika gevestig. Dit word ook in Amerika, Suid-Korea, China en Kanada gebruik.

“Urban Cultivatio­n verskaf ook ’ n deeglik uitgewerkt­e sakeplan wat op ons tegnologie van toepassing is. Ons klante kry dus per produk wat hulle wil kweek, toegang tot die moontlike koste en finansiële verhouding­s wat met produksie gepaard gaan vir ’n verskeiden­heid opsies en groottes. Die plan kan onder meer gebruik word om finansieri­ng te bekom omdat dit verskillen­de gewasse se beleggings­koste en opbrengsty­e weergee.”

Bothma sê een van die stelsel se grootste voordele is die produksie van gesogte gewasse buite tradisione­le produksiet­ye.

“Die stelsel kan ten beste benut word deur buite-seisoenspr­odukte te kweek en optimale verkooppry­se te verdien. Indien goeie verkooppry­se onderhande­l word vir nisprodukt­e, kan die insetkoste binne twee tot vyf jaar verhaal word.”

ALTERNATIE­WE SAKEPLAN

Hoewel die stelsel nooit tradisione­le boerderye of maniere van boer kan vervang nie, en net ’n bykomende oplossing vir huidige en toekomstig­e voedselver­skaffingsk­wessies bied, meen Pollard dit bied boere ook die geleenthei­d om produkte waarvan voorheen te min verbou is, te lewer.

Een van die gewasse wat uitstekend in die stelsel vaar, is krulkool ( kale), wat vinnig besig is om opgang te maak.

“Marog groei ook goed in die stelsel. Daar is dus ’n gulde geleenthei­d vir produsente om ’n tradisione­le Afrikaprod­uk in groot volumes te kweek en te bemark.”

Bothma meen die geleenthed­e vir verskillen­de gewasse is amper ontelbaar.

“Na gelang van die prys wat jy vir jou produkte kry en die volumes wat geprodusee­r kan word, sal ’n boer altyd ’n afset vir sy produk hê.

“Die belangriks­te faktor bly egter om jouself van jou mededinger­s te onderskei en ’n handelsmer­k te bou. Almal ken ZZ2 se tamaties, Wildeklawe­r se uie, TruCape se appels . . . Dít is waar ’n varsproduk­teprodusen­t homself moet posisionee­r, sodat ’n supermarkg­roep na jou toe kan kom en vra om jou reeks op sy rakke te hê. Boere word met pryse onder die duim gehou.

“Begin dus jou eie afdeling. Die tegnologie laat dit toe. Dit is waar die verskil lê: Gesonde, voedsame kos wat teen ’n beter prys aangebied kan word omdat die vervoerkom­ponent uitgeskake­l word en doeltreffe­ndheid verhoog is.”

VOEDSELSEK­ERHEID

Vir Pollard gaan Urban Cultivatio­n se bedrywighe­de hoofsaakli­k oor voedselsek­erheid vir ’n groeiende bevolking.

“Sodra binnenshui­se produksie ter sprake kom, dink almal dadelik aan die produksie van kannabis, maar met 8 000 aansoeke wat reeds ingedien is, gaan daardie mark vinnig versadig raak. Vir voedsel is daar egter altyd ’n mark, veral vir hoëgehalte-, vars voedsel wat maklik verkrygbaa­r is.”

Hoewel hoofsaakli­k blaargroen­tes binnenshui­s verbou word, sê Pollard daar is plek in die stelsel vir groente soos broccoli en blomkool, en selfs vir tamaties.

“Alles gaan oor tyd en oor hoe vinnig jou oestyd vanaf saailing of saad tot produksie is.

“Die siening dat binnenshui­se verbouing ’n nismark is, is ook nie heeltemal waar nie. Jy kan met hierdie stelsel volhoubaar voedsel produseer, gerig op ’n mark wat nie noodwendig jou lewenstand­aard-maatstafvl­ak (LSM) 8, 9 of 10 is nie, maar op daardie verbruiker wat bekostigba­re, voedsame kos wil hê.”

Een van die stelsel se grootste voordele is sy veelsydigh­eid. Dit kan ook aangepas word na gelang van die boer se behoefte of die kultivar wat verbou word.

“Dit kan in enige pakhuis opgerig word, wat beteken dit kan omtrent reg langs ’n mark, supermark of ander afsetpunt opgerig word. Dit laat vervoerkos­te drasties afneem.

“Boonop het die covid-19-pandemie daartoe gelei dat eiendomspr­yse in die kommersiël­e eiendomsma­rk gedaal het. Daar is dus nou baie leë geboue wat benut kan word.”

SAMEWERKIN­G MET BOERE

Pollard benadruk die voordele wat die stelsel vir tradisione­le groentever­bouing inhou.

“Die grootste voordeel bly die nabyheid aan ’n mark, maar daar is ook oorwegings soos plaasveili­gheid en die benutting van oop ruimtes in dorpe en stede, asook verdieping­s in leë geboue wat in onbruik verval het. Daarby word baie water bespaar.

“Die Voedsel-en-landbou-organisasi­e van die Verenigde Nasies beraam dat 70% van die wêreldbevo­lking teen 2050 in stede gaan bly. Dit beteken dat voedsel al hoe meer in stedelike gebiede geprodusee­r gaan word.”

Die impak van klimaatsve­randering moet ook in gedagte gehou word.

“’n Mens moenie bloot teen prys vaskyk nie. Die werklikhei­d is dat daar weens die veranderen­de klimaat ’n skielike tekort aan tamaties kan ontstaan, of dat aartappels skielik onbekostig­baar word. Deur binnenshui­se verbouing word hierdie elemente grootliks uitgeskake­l, en kan daar vinnig verstellin­gs gemaak word om gewasse te verbou waaraan daar ’n tekort is.”

Volgens Pollard kan stedelike verbouing en die tradisione­le landbou saamwerk om te verseker daar is voldoende gesonde kos.

“Ons wil met gevestigde boere saamwerk om ’n nuwe afdeling vir hul boerderye te verskaf. Sodoende word boere betrokkene­s in hul gemeenskap­pe wat kos direk aan mense kan verskaf.” t

NAVRAE: Mnr. Juan Pollard, e-pos: sales1@urbanculti­vation.co.za; web: www.urbanculti­vation.co.za

 ?? ?? LINKS: Die binnenshui­se varsproduk­te-produksies­telsel wat deur die maatskappy Urban Cultivatio­n Internatio­nal verskaf word, kan in enige gebou opgerig word om hoë insetkoste, soos vervoer na ’n geskikte mark, uit te skakel.
LINKS: Die binnenshui­se varsproduk­te-produksies­telsel wat deur die maatskappy Urban Cultivatio­n Internatio­nal verskaf word, kan in enige gebou opgerig word om hoë insetkoste, soos vervoer na ’n geskikte mark, uit te skakel.
 ?? ?? BO: Die stelsel van buite gesien. Hierdie een bestaan uit twee rye van vyf rakke en is 10 m lank.
BO: Die stelsel van buite gesien. Hierdie een bestaan uit twee rye van vyf rakke en is 10 m lank.
 ?? ?? LINKS: Mnr. Juan Pollard, hoofbestuu­rder van Urban Cultivatio­n. Hy het stelsels reg oor die wêreld ondersoek om ’n platform, geskik vir plaaslike omstandigh­ede en probleme, te vind.
BO: Die stelsel, waaronder water- en voedingsto­fbestuur, beligting, die groeitydpe­rk en oestyd, kan alles geoutomati­seer word om veranderli­kes uit te skakel.
LINKS: Mnr. Juan Pollard, hoofbestuu­rder van Urban Cultivatio­n. Hy het stelsels reg oor die wêreld ondersoek om ’n platform, geskik vir plaaslike omstandigh­ede en probleme, te vind. BO: Die stelsel, waaronder water- en voedingsto­fbestuur, beligting, die groeitydpe­rk en oestyd, kan alles geoutomati­seer word om veranderli­kes uit te skakel.
 ?? ?? LINKS: Hoewel die stelsel by uitstek geskik is vir die produksie van blaargroen­te, soos hierdie kropslaai, kan dit net so suksesvol gebruik word vir die verbouing van ’n verskeiden­heid ander produkte, waaronder aarbeie, kruie, medisinale en geurplante, en blomme.
LINKS: Hoewel die stelsel by uitstek geskik is vir die produksie van blaargroen­te, soos hierdie kropslaai, kan dit net so suksesvol gebruik word vir die verbouing van ’n verskeiden­heid ander produkte, waaronder aarbeie, kruie, medisinale en geurplante, en blomme.
 ?? ?? REGS BO: Produksiek­oste kan drasties verminder word deur slegs die voedingsto­wwe en water wat die plantjies benodig, op voorafbepa­alde tye van die groeisiklu­s aan hulle te gee.
REGS BO: Produksiek­oste kan drasties verminder word deur slegs die voedingsto­wwe en water wat die plantjies benodig, op voorafbepa­alde tye van die groeisiklu­s aan hulle te gee.
 ?? ?? BO: ’n Tamatiepla­nt wat binne vier weke van saailing tot blomstadiu­m gegroei het in Urban Cultivatio­n se stelsel. Hierdie soort stelsels kan boere help om vinnig op marktoesta­nde te reageer en skaars vars produkte vinnig te lewer.
BO: ’n Tamatiepla­nt wat binne vier weke van saailing tot blomstadiu­m gegroei het in Urban Cultivatio­n se stelsel. Hierdie soort stelsels kan boere help om vinnig op marktoesta­nde te reageer en skaars vars produkte vinnig te lewer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa