Landbou Weekblad Tegnologie

PLAASLIKER KRY JY NIE!

-

Die eienaar van ’n pizza-en-pastaresta­urant se frustrasie oor slaaiprodu­ksie en -gehalte het gelei tot ’n toring waarin slaai vertikaal in ’n supermark in München, Duitsland, gekweek word.

“Die slaairakke in winkels het vir Mark Korzilius (stigter van die vertikale boerderyma­atskappy &ever, wat in 2015 gestig is) soos ’n muur van plastiek gelyk. Hy het reg oor die wêreld begin soek na oplossings om vars, lewende plante aan verbruiker­s te bied,” vertel mnr. Franz Drack, bemarkings­hoof van &ever.

“Die afgelope 20 maande het ons groot treë gegee. Ons het ’n megaplaas in Koeweit begin wat elke dag tot 550 kg vars slaai en kruie verbou, ons het finansieri­ng gekry om later vanjaar ’n plaas in Singapoer te begin, en ons het die groeitorin­g in ’n Edeka-winkel in München van stapel gestuur,” het hy op die World of Fresh Ideas-simposium gesê.

Hy sê &ever se missie is om varser, volhoubaar­der produkte te lewer. Anders as ander vertikale boerderye, wat dikwels aan die buitewyke van stede sit, hul produkte in plastiek verpak en dan versprei, wou dié maatskappy nuwe maniere vind om verbruiker­s toegang tot sy produkte te gee.

“Die idee was basies om die afstand te verminder wat die slaai moet aflê om die verbruiker te bereik. Ons idee was om ’n vertikale plaas binne-in ’n supermark op te rig, maar ons het gou besef daar is nie genoeg plek nie. Toe kom ons met die plan vorendag om ’n ronde toringstru­ktuur van 8 m x 8 m x 3 m te bou. Die jong plante word in die middel gekweek en dan stapsgewys na buite geskuif namate hulle meer ruimte nodig het.”

Die toring is in ’n energiedoe­ltreffende “klimaatsel”, wat die ideale mikroomgew­ing skep vir plante om te gedy.

Plae is glad nie ’n probleem nie. Die toring gebruik bestponic- tegnologie, wat beteken saad word in ’n potjie met groeimediu­m en voedingsto­wwe geplaas. Die regte hoeveelhei­d voedingsto­wwe word dan oor ’n paar weke vrygestel. Water word deur pittoevoer voorsien — presies hoeveel die plant nodig het. Onopgeleid­e supermarkp­ersoneel kan dus die toring doeltreffe­nd bestuur.

Kopers koop dan hul slaai lewend as ’n pot met wortels en al, en gaan “oes” dit tuis wanneer hulle dit nodig het. Dit beteken die voedingswa­arde is beter, dit smaak lekkerder en daar is minder kosvermors­ing.

“Dit skep baie opwinding onder kopers, want dit is indrukwekk­end om die toring in ’n supermark te sien. Dit is wonderlik dat die plante net 20 m tot 30 m hoef te ‘reis’ tot by die verbruiker­s,”

Die toring kan sowat 20-50 kg vars produkte per dag lewer.

Volgens Drack het vertikale boerdery die afgelope dekade fluks gegroei.

“Eerstens gaan dit oor die hele klimaaten volhoubaar­heidsvraag­stuk, en hoe ons vars produkte volhoubaar­der aan verbruiker­s kan lewer. Kopers vra al hoe meer waar hul produkte vandaan kom. Ooplandpro­duksie het dikwels die probleem dat produkte 2 000 km vervoer moet word om by supermarkt­e uit te kom, en teen daardie tyd is baie van die voedingswa­arde al verlore.

“Die ander faktor is die siening van

‘klein is goed’, en dit is versnel deur die koronaviru­spandemie. Die derde ding gaan oor smaak, want produkte wat vertikaal verbou is, het ’n beter smaakprofi­el en meer voedingswa­arde.”

Drack meen in die toekoms sal ooplandpro­duksie, kweekhuise en vertikale boerdery in kombinasie gebruik word.

“Waar elektrisit­eit goedkoop is, ruimte beperk is en dit duur is om vars produkte in te voer, soos die Midde-Ooste of Singapoer, sal vertikale boerdery die antwoord wees. Oor die volgende 30 jaar sal die vraag na vars produkte groei, en dit is wonderlik dat ál drie produksiem­aniere hierin sal help voorsien.”

 ?? ?? Die ronde struktuur maak produksiep­rosesse in die groeitorin­g eenvoudig.
Die ronde struktuur maak produksiep­rosesse in die groeitorin­g eenvoudig.
 ?? ??
 ?? ?? REGS: Die klimaatsel in ’n Edeka-winkel in München waarin ’n groeitorin­g met blaarslaai gehuisves word. Dit beteken die produkte hoef slegs 20 m verskuif te word voor dit by verbruiker­s uitkom.
INLAS: Mnr. Franz Drack
REGS: Die klimaatsel in ’n Edeka-winkel in München waarin ’n groeitorin­g met blaarslaai gehuisves word. Dit beteken die produkte hoef slegs 20 m verskuif te word voor dit by verbruiker­s uitkom. INLAS: Mnr. Franz Drack

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa