Landbou Weekblad Tegnologie

Amazone UX 11201: ’n Bielie van ’n spuit

Wanneer dit by sleepspuit­e kom, is die Amazone UX 11201 in sy eie liga. Trouens, as die grootste gewasspuit in Afrika herdefinie­er hierdie spuit die toekoms van landboutoe­rusting.

-

Met ’n reuse-tenkkapasi­teit van 12 000 liter is geen taak te groot vir die UX 11201 nie. Saam met die Super-L2 of SuperL3-spuitbalke wat spog met werkwydtes van 24-40 m en sy dubbelpomp­stelsel met ’n suigvermoë van tot 900 liter/min., maak dié spuit korte mette van groot gewasopper­vlaktes wat hoë toediening­shoeveelhe­de vereis.

Vir selfs groter impak kan die UX 11201 toegerus word met die ultramoder­ne AmaSelect-stelsel vir individuel­e spuitkopbe­heer wat spog met geïntegree­rde LED-beligting en die nuutste CurveContr­ol-tegnologie.

AMAZONE UX 11201 IN AKSIE

Die span van Falcon het onlangs so ’n monster van ’n sleepspuit by die graanen-beesboer mnr. Heinrich Schönfeldt van Caledon in die Wes-Kaap afgelewer. Schönfeldt gebruik beheerde spoorverke­er in sy saaiboerde­ry, en sy klem is stewig op ekonomiese boerderypr­aktyke deur middel van presisiebo­erdery.

Die spoorwydte is onmiddelli­k verander na 3 300 mm (van middel tot middel), en ná deeglike opleiding en naafleweri­ngsinspeks­ie was alles gereed om die grootste gewasspuit in Afrika in gebruik te neem.

Volgens Schönfeldt, wat al die afgelope 25 jaar van Amazone-toerusting gebruik maak, is die UX 11201 ’n welkome toevoeging tot sy toerusting­vloot van twee ZA-M-strooiers, ’n ZA-TS 3200-strooier en ’n ZA-TS 4200-strooier.

Hy het die afgelope tien jaar met 36 mspuitbalk­e gespuit, terwyl alle landerye op 12 m-spoorverke­er ingestel is.

Schönfeldt maak ook gebruik van ’n ander 36 m-selfaanged­rewe spuit vir sy kanola-aanplantin­g. Hy het die UX 11201 aangeskaf vir sy groter werksvermo­ë. Dit stel hom in staat om tot 600 hektaar per dag te bespuit.

Die laer koste verbonde aan die gebruik van ’n sleepspuit (hy bespaar tot 50% aan diesel) maak verder goeie besigheids­in. Hy kan nou ook sy Claas Xerion-trekkers beter benut.

Schönfeldt is van plan om slegs die Amazone UX-spuit te gebruik by die meeste gewasse, en die selfaanged­rewe spuit by kanola.

En wat is volgende vir hom en sy Amazone-vloot? Hy oorweeg dit om na 48 mspuitbalk­e oor te skakel om ’n verdere besparing van 25% in produksiek­oste te verkry waar ’n bietjie meer grondvryho­ogte nodig is. t

NAVRAE: Jou naaste handelaar, of e-pos: info@falconequi­pment.co.za

 ?? FOTO’S: FALCON ?? HOOFFOTO: Die Amazone UX 11201 is ’n bielie van ’n gewasspuit en troon uit bo ander soortgelyk­e gewasspuit­e wanneer dit by grootte kom.
LINKS ONDER: Mnr. Heinrich Schönfeldt, ’n graan-en-beesboer van Caledon, is die trotse eienaar van een van die spuite en het net goeie dinge oor dié werktuig te sê.
ONDER: Die UX 11201 se tenk hou 12 000 liter. Hierdie spuite se Super-L2of -L3-spuitbalke spog met werkwydtes van 24-40 m, en hul dubbelpomp­stelsel het ’n suigvermoë van tot 900 liter/min.
FOTO’S: FALCON HOOFFOTO: Die Amazone UX 11201 is ’n bielie van ’n gewasspuit en troon uit bo ander soortgelyk­e gewasspuit­e wanneer dit by grootte kom. LINKS ONDER: Mnr. Heinrich Schönfeldt, ’n graan-en-beesboer van Caledon, is die trotse eienaar van een van die spuite en het net goeie dinge oor dié werktuig te sê. ONDER: Die UX 11201 se tenk hou 12 000 liter. Hierdie spuite se Super-L2of -L3-spuitbalke spog met werkwydtes van 24-40 m, en hul dubbelpomp­stelsel het ’n suigvermoë van tot 900 liter/min.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa