Kuier

ILHAAM SE WENKE VIR OPKOMENDE ENTREPRENE­URS:

-

1 ’n Besigheid soos hare verg nie altyd ’n reuse-kapitaalbe­legging nie. Sy sê die fokus moet eerder op ’n positiewe ingesteldh­eid wees, om jou vaardighed­e daagliks te slyp, en jou niche en sterkpunte te identifise­er.“Streef na wat jy geniet, want passie en werkbevred­iging is duidelik aan jou kliënte.”

2 Dan kan jy ook leiding soek van mentors en kundiges wêreldwyd deur gratis webinars, betaalde kursusse of e-boeke. En soek na‘n kombinasie van wenkbrouku­ns én die sake-aspek daarvan.

3 Sy sê ’n realisties­e vision board wat jou doelwitte in die kort- en langtermyn opsom, kan baie help om dié proses rigting te gee.“En hierdie metode maak dit makliker om dop te hou.”

4 Belê in hoëgehalte-toerusting, soos ’n goeie kamera of mobiele toestel.

5 Vertrou jou instinkte. Stel van die begin af sake-grense, sê Ilhaam.

6 Lei jouself deurlopend op deur na bedryfsver­wante podcasts te luister en op hoogte te bly van trends en kursusse. 7“Geduld en vertroue is belangrik, en onthou: Jy’s net so goed soos jou laaste poging. Fokus op elke kliënt se behoeftes om lojale, herhalende kliënte op te bou.”

8 Beskerm jou besigheid en tyd deur beleide van die begin af te implemente­er, soos fooie vir klante wat nie opdaag nie, of laat kanselleer.

“’n Outomaties­e aanlynbesp­rekingstel­sel kan jou bespreking­s beter laat verloop, en skep ’n webwerf of Googlelist­ing om jou aanlyn teenwoordi­gheid te verbeter.”

9 Sy sê jy moet getrou wees aan jouself en jouself vergewe vir enige foute langs die pad – dis deel van die groeiprose­s. “Nie elke kliënt sal jóú kliënt wees nie, maar streef altyd daarna om jou beste te doen.”

10 Sy sê terugslae is nie persoonlik nie, maar jy moet aanspreekl­ikheid aanvaar en verbeter langs die pad.

11“En die belangriks­te: Plaas volle vertroue in die Almagtige. Behandel ook jou verskaffer­s, kollegas en personeel met respek en onthou dat deurlopend­e liefdadigh­eid jou rykdom sal suiwer, en meer deure vir jou sal oopmaak.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa