Kuier

BOODSKAPPE

-

“Sterk deur storms en sukses”, 1 Aug. Wie het gesê Suid-Afrika het nie ons eie idols nie? Hulle weet nie wat ons weet nie! Mooi was nog nooit lelik nie. Alle prys aan God. Bless you, ladies. YOLINDA VAN HEERDEN

Praat van queen power! Dis só goed vir ons dogters en vroue om dié Idols op die cover te sien. Representa­tion is belangrik. IZEL MARYKA ROSSOUW

“Dinamiese Sharifa bepaal haar eie koers”, 1 Aug.

Ek het baie liefde in my hart vir jou as leier, Sharifa Ferris. Die verlede is agter ons en die toekoms lyk voorspoedi­g. CHERYL JANUARY

Ja-nee, die Noord-Kaap kweek sy eie leiers! Sharifa Ferris, ons het niks behalwe respek en deernis vir wat jy al alles vermag het, en nog gaan vermag nie. Always onwards en upwards!

MERLYN FORTUNE

“Sal jy antwoord as God roep?” 1 Aug. Dis so waar wat dominee Farren sê. Ek het gelees oor ‘n ryk man wat ‘n groot portret van 'n skilpad op 'n hoë paal in sy kantoor gehad het. Sy kommentaar wanneer jy hom daaroor vra: “Ek het, soos die skilpad, nie alleen daar gekom nie.” MATTY SMITH

Ek stem 100 persent saam met Farren Cloete se boodskap. Daar is soveel mense wat vergeet waar hulle vandaan kom. AZELLE OCKHUIS

“Die vrou agter Cherrie Couture”, 18 Jul. Ons is dankbaar vir hierdie powerhouse (Cherrie Couture se eienaar, Mariam Desai) wat die afgelope vier jaar matriekafs­keidrokke aan ons volwasse matrieks skenk. Sy sal altyd geseënd wees in alles wat sy aanpak. HOPEFUL LEADERS NIGHT SCHOOL

“Griep eis my ma”, 18 Jul.

Jammer oor julle groot verlies (aan Anél Strauss-Van Rooysen se gesin). Mag God julle vertroos in hierdie hartseer tyd. MARALIZE VAN WINSEN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa