VIR DIÉ POSTE HET JY NIE MATRIEK NODIG NIE
Dit kan teleurstellend en verpletterend wees as jy nie matriek deurkom nie – maar dit beteken nie jy kan nie ’n loopbaan bou of jou drome is nou daarmee heen nie. Daar is baie poste waarvoor jy nie ’n matrieksertifikaat of jare se studies benodig nie.
Jy kan ’n loopbaan oorweeg in die gasvryheidsbedryf, projek- of sakebestuur, toerisme, of skoonheidsterapie.
Daar is ook ’n groot behoefte aan ambagsmense in Suid-Afrika – mense wat goed met hul hande is en praktiese take kan verrig, soos elektrisiëns en plumbers. Hier is ’n paar opsies:
SJEF
Hooftake
’n Sjef moet die kos by ’n plek organiseer, berei, gaarmaak en op die bord mooi laat lyk. Terwyl jy jou opwerk, sal jy verantwoordelikhede bykry, soos finansiële bestuur, personeelopleiding, resep- en spyskaartontwikkeling, en navorsing.
By wie pas dit?
Iemand wat lief is vir kos en om ’n diens aan mense te lewer, sê Elsu Gericke van die SA Sjefsvereniging. Sy glo dis ’n roeping om ’n sjef te wees. Die werk is fisiek en geestelik veeleisend en jy moet heeltyd leer en nuwe dinge uitdink.
Wat moet ek swot?
Jy kan drie jaar lank by ’n geregistreerde sjefskool studeer en ’n ambagsertifikaat verwerf. Dít beteken dat jy 18 maande lank praktiese en teoretiese modules volg en 18 maande in die bedryf werk.
Kookkuns-studente moet seker maak hul kwalifikasie word landwyd en internasionaal erken. Jy kan by die Sjefsvereniging seker maak dat jy ’n geakkrediteerde sjef- of kookskool kies en die regte kwalifikasie sal verwerf.
Jy het nie matriek nodig nie, maar wel basiese wiskunde en rekeningkunde om in die bedryf te vorder.
Kry hier nog inligting
Die SA Sjefsvereniging by sachefs.co.za.
PLUMBER
Hooftake
Hulle installeer en herstel pype wat water voorsien aan, en afval wegvoer van huise en geboue. Hulle installeer ook baddens, storte, wasbakke en toestelle soos wasmasjiene.
By wie pas dit?
Dit help om goeie koördinasie te hê, aandag aan detail te kan skenk, fiks te wees en goeie probleemoplossings- en mensvaardighede te hê. ’n Mens dink dikwels aan plumbers as mans, maar vroue is net sulke goeie plumbers, sê Kaela Wilson, bemarkingsdirekteur van die organisasie Women in Plumbing.
Wat moet ek swot?
Jy kan op een van twee maniere ’n plumber word: Deur aan ’n TVET-kollege (beroepsgerigte igte opleidingskolleges) te studeer, r, of deeur deur erkenningki erkenning viri vir jjou jou ervaring te e kry. Vir VirV toelating tot ’n TVETkollege het et jy grraad graad 9 nodig en moet jy minstens 16 jaar oud wees.
Jy moet t ook asa‘n as‘n vakleerling by ’n werkplek ingeskryf ingeskkryf wees. Die kollege verskaf jou u teoretiese opleiding (sowat 30 persent nt van died die kwalifikasie bestaan hieruit) terwyl rwyl jy jyy jou praktiese opleiding as vakleerling akleerling kry.
Jy kan ook erkkenning erkenning van vorige opleiding as ammbagsman ambagsman kry. Vir dié kwalifikasie ikasie het jy minstens drie jaar praktiese praktieese ervaring in die bedryf f nodigg, nodig, en moet jy minstens 19 jaar oud wees. Jy kan dan ’n n vaktoets vaktooets aflê.
Kry hier nog in inligting nligting
Die Instituut uut vir Plumbing van SA by y iopsa iopsa.org.za. a.org.za.
VERSORGER
Hooftake
Hulle versorg mense wat hulp nodig het om hulleself te versorg, soos kinders, mense met intellektuele uitdagings of liggaamlike gestremdhede, of ouer mense wat fisieke uitdagings het weens siekte of demensie. Hulle help met daaglikse aktiwiteite soos bad, aantrek en kosmaak.
By wie pas dit?
Iemand wat fiks, sterk, empaties, geduldig en goed met mense is.
Wat moet ek swot?
Jy het ’n sertifikaat nodig van ’n instelling wat geakkrediteer is deur die SA Kwalifikasie-owerheid.
HospiceWits in Johannesburg het byvoorbeeld ’n 10 weke lange kursus vir mense wat sterwendes bystaan en ’n jaarlange geakkrediteerde kursus in tuisversorging, wat heeltydse opleiding, praktiese toetse en indiensopleiding insluit.
Kry hier nog inligting
Soek“home-based care”en“accredited courses”op die internet om‘n kursus naby jou te vind.
ELEKTRISIËN
Hooftake
Hulle installeer, verbind, toets en onderhou elektriese stelsels. Hulle werk in huise, geboue, kragstasies – enige plek waar elektrisiteit gebruik word.
By wie pas dit?
Iemand met ’n sterk verantwoordelikheidsin wat ’n veilige omgewing kan verseker. As veiligheidsprotokolle nie versigtig gevolg word nie, kan dié werk gevaarlik en selfs dodelik wees.
Wat moet ek swot?
Jy moet goeie punte vir wiskunde en natuurwetenskappe in graad 9 gehad het om vir jou elektrisiënsdiploma te begin studeer. As jou punte nie goed genoeg was nie, kan ’n privaat kollege soos College SA oorbruggingsopleiding bied terwyl jy studeer.
Om in Suid-Afrika te werk, moet jy ’n bedradingslisensie verwerf. Jy kan dít kry deur by ’n vakkollege in te skryf, ’n vakleerlingskap te doen en ’n vaktoets te slaag. Baie TVET- en privaat kolleges en ander instellings bied die nodige kwalifikasies aan.
Kry hier nog inligting
Die Elektriese Kontrakteursvereniging van Suid-Afrika by ecasa.co.za.
DIESEL MECHANIC
Hooftake
Herstel en onderhoud van voertuie met dieselenjins. Dit kan enigiets insluit van passasiersvoertuie en groot vragmotors tot dieselmasjinerie. Hulle voer ook diagnostiese toetse uit en toetsbestuur voertuie om vas te stel of probleme ordentlik herstel is.
By wie pas dit?
Mense wat hou van en gemaklik is met die gebruik van mechanical en kraggereedskap. Jy het ook oplossingsvaardighede nodig, en ’n geldige swaarvoertuig-licence.
Wat moet ek swot?
Sommige plekke vereis ’n wiskundeslaagpunt van 50 persent in graad 9. Die duur van die opleiding hang af van die plek en vlak tot waar jy studeer.
By ’n kollege kan jy ses tot 12 maande studeer, waarna jy ’n vakleerlingskap van 18 maande moet doen. Daarna moet jy ’n vaktoets slaag. (By ’n privaat instelling soos Sol-Tech is dié kursus 18 maande lank.) By sommige TVETkolleges is dieselwerktuigkundige ’n onderdeel van ’n ander kursus.
Kry hier nog inligting
Daar is baie kursusse beskikbaar en jy kan net‘n soektog op Google daarvoor doen, of jy kan die Instituut vir Meganiese Ingenieurs se website, saimeche. org.za, besoek.
SKOONHEIDSTERAPEUT
Hooftake
Om ’n kliënt beter te laat lyk met gesig- en lyfbehandelings soos wax treatments, mani- en pedicures, lash en eyebrow colouring en makeup.
By wie pas dit?
Iemand wat hou van met mense werk, goed kommunikeer en empaties is. Jy moet ’n oog vir skoonheid en detail hê.
Wat moet ek swot?
Verskeie TVET- en privaat kolleges en ander instellings bied diplomas en sertifikate in die skoonheidsbedryf.
Afhangend van die instelling en die kursus kan opleiding enigiets van ’n paar maande tot drie jaar duur.
Die hoogste kwalifikasie is ’n diploma in somatologie, die studie van die liggaam met ’n fokus op gesondheid en velsorg. (Jy het egter matriek of ’n soortgelyke kwalifikasie nodig om dít te kan studeer.) Dis ’n gevorderde drie-jaar-kursus wat by universiteite van tegnologie en party privaat instellings aangebied word.
Jy y kan ook kwalifiseer in net een onderafdelin derafdeling, soos nael- of velversorging en grimee grimeerkunde. Baie skoonheidsterapeute w werk vir hulself en ’n kursus in sakebestu sakebestuur of rekeningkunde kan help as jy jou e eie onderneming wil begin.
Kry hier n nog inligting
Die SA ve vereniging van Gesondheids- en Velsorgwerkers Velsorgw by saahsp.co.za.