NOGWENKE OM JOU BEGROTINGTE LAAT KLOP
Vermy die‘sale trap’
Baie winkels hou groot uitverkopings in die nuwe jaar en dis maklik om jouself te oortuig jy spaar geld as jy jou kinders se somerklere en -skoene vir die volgende somer op uitverkoping kry. Maar, onthou: jy koop klere wat ’n jaar lank in die kas moet lê met geld wat jy nóú benodig. As jy die winkels moet invaar vir skool-inkopies, los die kinders by die huis. Dit kan jou ’n paar rand spaar op uiteet en los items waaroor hulle neul.
Bye-bye beursie
As jy in die versoeking kom om jou lunchbox eenkant toe te skuif by die werk en jouself met‘n takeaway te bederf, los jou beursie by die huis. Kry‘n kleiner beursie waarin jy slegs die nodige hou, soos jou ID, bestuurslisensie en‘n bietjie kontant. Los die debiet- en kredietkaarte tuis. Maak net seker jou kar het genoeg petrol as jy dít doen.
Stadig met die skoolgoed
As jou kind se skoolklere nog netjies lyk en pas, stel eers vir‘n maand of so – tot jy weer op dreef is – uit om nuwe skoolklere en -skoene te koop.
Drink- en soetgoed
Geur jou water met komkommer- of suurlemoenskyfies en laat staan eers duur gaskoeldrank. En as jy voel jy wil jou laaste paar sente op ’n soetdingetjie uitgee, maak dit somervrugte. Dis gesonder en sal ook die soetlus bevredig. Oppas net vir te veel vrugte – sommige bevat baie suiker.
Sluit aan by ’n lift club
As jy elke dag moet werk toe in jou eie vervoer, vind uit op jou community groups op sosiale media of daar nie enige ry-klubs in jou area is wat jou roete ry nie.
Help mekaar
Ja, dis lekker as iemand anders jou huis kan skoonmaak, jou gras kan sny of jou kar kan was, maar span sommer die hele gesin in en takel self die huiswerk en skoonmakery. Só spaar jy sente.