KOFFIEGEGEURDE ICE CREAM-KOEK
Lewer 1 groot koek BESTANDDELE
Sjokoladekoek
1 boks tjoklitkoekmengsel 2 eetlepels koffiepoeier 1 eetlepel kookwater
Koffie-ice cream
1 liter vanilla ice cream 3 eetlepels koffiepoeier ¼ koppie kookwater
Tjoklitversiersel
100 g donkertjoklit, fyngekap ½ koppie room
Afronding vars cherries, berries of mint (opsioneel)
METODE
Bespuit ’n ronde 20 cmspringform-koekpan goed met kossproei. Hou bakpapier byderhand. Tjoklitkoek
Berei die koekmengsel volgens die aanwysings op die boksie. Meng die koffiepoeier en kookwater en klits deur die koekbeslag.
Skep die beslag in die koekpan en bak vir 35-40 minute, of tot gaar. Laat die koek vir 15 minute in die pan afkoel. Keer dit op ’n draadrakkie uit en laat heeltemal afkoel.
Sny die koek in 3 lae en hou eenkant. Vee die koekpan skoon uit en voer die bodem en kante met bakpapier uit.
Pak 1 koeklaag in die bodem van die pan.
Koffie-ice cream
Skep die ice cream in ’n groot mengbak en klop tot sag.
Meng die koffie en kookwater en meng deur die ice cream. Skep die helfte van die ice cream oor die koeklaag in die pan.
Pak nog ’n laag van die koek bo-op die ice cream. Skep die res van die ice cream bo-op, gevolg deur die laaste koeklaag. Vries vir minstens 4 ure (of oornag) tot die ice cream heeltemal gestol is.
Tjoklitversiersel
Verhit die tjoklit en die room vir 30 sekondes in die microwave en meng goed. Verhit nog 30 sekondes lank en roer tot die tjoklit gesmelt is. (Verhit vir nóg 30 sekondes as die tjoklit nie wil smelt nie.) Klop die versiersel tot blink en glad.
Afronding
Keer die koek versigtig uit en sit op ’n groot bord of staander. Drup die versiersel oor en rond af met die cherries, berries of mint, indien verkies. Sny in porsies en sit dadelik voor. >>