BOODSKAPPE
Sy het nie een nie, maar twéé doktorsgrade gelyk behaalal en glo in navorsing wat almal baat en bereik
“Uit die asblik na’ n blink toekoms ”,7 Des. 2023
Mag die Here jou seën, Ricollin Moodley. Disa ma z in g wat mense met hul hande kan doen. Sterkte vir die toekoms. Maak 'n sukses van jou lewe. LOULAROBBERTS
Jy het ongelooflike talent. Mag jou talent jou na plekke neem waarvan jy net gedroom het! ZENDREVANECK
Kyk mooi na jouself en jou familie met jou Godgegewe talente. Daar wag 'n blink toekoms op jou. MAUREENHENDERSON
“Kuier met die Kol bes ”,7 Des .2023 Wat 'n ongelooflike pragtige gesin is die Kolbes! Ek het hulle lief met my hele hart.
MICHELLEGURLING
Julle is 'n pragtige gesin. Cheslin, jy het 'n 7-jarige aanhanger in Uitenhage wat elke aand jou rugby opYouTube kyk. Hy sien op na jou en het sy Springbok-top ook no. 11 gemaak. BERNADETTEBOTHA
“Bok-fis i o boor gou draak ”,7 Des .2023 Ek wag al lank om meer oor Rene Naylor te lees. Ek is so bly sy kry uiteindelik die erkenning wat sy verdien. YINTZEADOLPH
Rene is so passievol oor die sport. Jy sien haar altyd langs die veld. Dan is sy so klein met daai groot sak waarmee sy rondhardloop. Dankie dat jy daar is vir die spelers.
BABIEREICHERT
“Gered uit my dwelm hel ,”7 Des .2023 Monique Ackers, ek is so bly dat jy die tweede kans op die lewe gebruik wat God jou gegee het. Sterkte vir die pad vorentoe me tjou seun. Mag God jou gebruik om ander in soortgelyke situasies positief te motiveer. JULIANAMORRIS
God het geweet jy het 'n tweede kans in die lewe nodig.Trots op jou, Monique. JAYDE
PETERSEN
“Ons‘ geskenkie’ sonder arms ",7 Des .2023 Julle seuntjie is te pragtig, Mariaan en Hendrik Strauss. Julle is pragtige ouers vir hierdie sterk mannetjie. Gee hom 'n drukkie van my af. JEANETTECONRADIE
Sy noem haarself 'n“dogter van die Cape Flats met Suid-Afrika wat deur my are vloei”. En as jy na haar prestasies kyk, is sy 'n vrou van haar woord.
Lynn Hendricks (40), 'n dosent in die departement globale gesondheid aan die Universiteit Stellenbosch, het 'n reuse-prestasie agter haar naam: 'n Dubbele doktorsgraad aan twee verskillende universiteite in twee verskillende lande.
Dié Kaapse ma se navorsingsprojek vir haar doktorsgraad (PhD) ondersoek hoe jong vroue in Suid-Afrika wat leef met perinatale MIV (van hul ma na hulle oorgedra) deur multi-sensoriese, kunsgebaseerde metodes hul uitdagings takel en 'n verskil in hul gemeenskappe maak.
Hare was een van agt projekte wêreldwyd op die kortlys vir die gesogte Inclusive Health Research-toekenning in Brasilië – toe stap Lynn met dié prys weg!
Haar projek is onder leiding van 'n Maties-professor én een by die Katolieke Universiteit Leuven (KU Leuven) in België voltooi. Sy is dus met 'n PhD in sosiale wetenskappe by albei instansies vereer.
“Om te graduate aan twee universiteite is 'n tale only lions could tell,”sê sy.“Dit was uitdagend en só rewarding. Ondersteuning van my toesighouers, familie, kollegas en vriende het my deurgedra.”
En so tussen die dubbele akademiese prestasies deur het Lynn, van Kuilsrivier, ook ma geword. Sy is reeds die stiefma vir haar lewensmaat, Milton Harris (42), se seuns, Daniel (19) en Joshua (17), en in 2021 is hul dogtertjie, Eden, gebore. “Dit was in die tweede jaar van my PhD. Ek het 'n paar maande voor dié swangerskap 'n miskraam gehad, wat baie swaar was om te verwerk. Maar ons het genesing gevind en ons gesin is nou voltooid.”
Lynn sê sy's 'n ekstrovert wat hou van die natuur, die see, teken en kreatief wees. "Ek hou ook van kook en tuinmaak. As ek 'n slag die TV aansit, is dit gewoonlik vir 'n Spaanse reeks of sappy romcom.”
Sy het in Athlone grootgeword en in 2000 aan die Hoërskool Livingstone gematrikuleer. Toe haar ouers, Phillip (63) en Roslyn (66), Amerika toe verhuis om daar preaching school by te woon, is Lynn en haar broer, Steven (nou 37), , saam.
Sy het 'n beurs by die Freed-Hardeman ed-e Hardeman University in Tennessee losgeslaan geslaang om zoology te swot, en het in 20 2005 005 'n BSchonneursgraad in sielkunde ee verwerf.
In 2006 het sy haar meestersgraad t ersgraad in navorsingsielkunde aan die e Universiteit van Wes-Kaapland aangevat. at t. Sy't ook vir 'n semester as uitruilstudent nt t aan die Universiteit van Oslo in Noorweë eëe gestudeer.
'n Internskap by die Human ma an Sciences Research Council het gevolg, g,g toe haar eie navorsingskonsultasiediens, s, , Research Ambition.“Ons wou studente nt te en navorsers help om hul doelwitte tet te bereik en akademies te vorder, en die e stres wat 'n gebrek aan finansies en maatskaplike aa atskaplike ondersteuning veroorsaak, tet te verminder.”
In 2015 het sy 'n Maties-navorser na avorser en teaching facilitator by die Centre Ce entre for Evidence-based healthcare e geword,g geword, en in 2022 'n dosent in die afdeling elinge gesondheidstelsels en openbare gesondheid. esondheid.e
Sy't reeds in 2018 haar PhD-studies h D-studies begin. KU Leuven is België se e grootste universiteit en hulle kies uitblinkertb blinkerstudente uit ontwikkelende e lande as PhD-beurskandidate om die ie e kennis wat hulle opdoen, in hul tuisland nd d toe te pas.
Uit Lynn se studies het 'n d dokkie, More than a pill, oor vroue wat MIV-behandeIVV- behandeling kry, gevloei.
Dit wys hoe die uitdagings vir dié vroue baie meer behels as om net "'n pil te drink". Dit bevat stories, prente, ervarings en insigte wat die uitdagings belig. "Ons het geglo ons kon deur die mediums van film en kuns die aandag van beleidmakers, die publiek, gesondheidsorgpraktisyns en akademici trek.”
Toe volg 'n tweede dokkie, Born to thrive, uit die navorsing. Hulle wil nou gemeenskappe besoek en deur shows gesprekke open oor hoe society dié vroue se gesondheid kan aanspreek. 'n Boek gemik op tieners kom ook nog.
Lynn is ook die medestigter en direkteur van Hearts in Action, 'n Kaapse NPO. “Enigiets is moontlik as jy net glo en die werk insit om jou drome te bereik," sê sy.
Lynn wil vanjaar op haar gesin fokus en meer tyd met Eden deurbring.“Ek het weens my studies vir 'n groot deel van haar lewe oorsee gereis en wil net my voete vind in die normality van ma-wees. My hele reis tot dusver het my geleer enigiets is moontlik en jy moet nooit opgee op jou drome nie.”